Siener op die Sabbat

Vanoggend gaan ek gym toe. Daar sien ek ‘n Angie Motsega figuur wat ‘n staanfiets laat kreun. Die goue lycra broek span soos ‘n markiestent. Ek dink. Nee fok, Ousie, jy gaan nie hond haaraf maak nie.

 

Toe gaan ek Checkers toe. Daar sien ek ‘n vrou met ‘n Blou Bul hempie, kaalarm in die vroegoggendkoue. Sy lyk of sy in die Blou Bul skrum kan sak. Haar drie kindertjies het ook Blou Bul hempies aan. Hulle is wild, wakker en woelig. Die pa het nie ‘n Blou Bul hempie aan nie. Hy lyk ietwat oorbluf en gelate.

 

Ek sien ook ‘n man met olierige hare en ‘n lang baard wat hy gevleg het. The people of Wall Mart have arrived. 

 

Ek sien ook ‘n man met ‘n groot boeppens. Hy het ‘n kort denim broek aan. Hy het ook blou lang kouse aan met Grasshoppers. In die een kous is ‘n silwer kam gesteek.

 

Ek sien ook my buurvrou Klein Bybie daar. Sy is gegiet in ‘n wit langbroek. Sy het  lang wit stewels aan. Haar hare is delikaat gedoen in kunstige kartels. Haar oë is keurig gegrimeer, as sy haar wimpers fladder lyk dit soos Brenton Blue vlinders. Dit laat my dink aan Jo Ann Strauss.   Gedagtig aan haar Corollatjie se pap battery vermy ek haar. Ek is nie nou in ‘n bui vir ‘n gestotery nie.

 

Op pad huis toe speel Mantovani Moon River. Toe ry ek vinniger.

 

‘n Lekker Sondag verder vir elkeen wat hier lees.

 

 

 

 

29 thoughts on “Siener op die Sabbat”

  1. Alweer gee jy my so lekker glimlag wat om my ore hak. Ons kry ook ons kwota enigma’s hier, maar hulle staan nie so uit soos ‘n paal bo water nie.Somehow is hulle maar net hier, eienaardig…..

  2. Nee wat, die poeple of wallmart het LANKAL ge-arrive. Of ge-evolve, hier plaaslik, liewer.Lekker dag vir jou ook, Lewies {-;

  3. Grinnik… wat ‘n vernietigende oordeel? Mmmmm dink jy die Jo Ann Strauss poppie is mooi? So brandmaer – ek voel altyd om ‘n ou truitjie oor die ou skouertjies te gooi want sy moet koud kry.Lekker SondAG Lewies

  4. http:rad.yahoo.===== http://www.bingstore.us =====50%off ca,ed hardy t-shirt$15 jeans,coach handbag$33,air max90,dunk,polo t-shirt$13,,lacoste t-shirt $13 air jordan for sale,$35,nfl nba jersy for salepuma gucci$35,nike jordans six ring,yeezy$%5!!new era caps$13 gucci handbags jeans,t-shirts sunglass,capstrue religion jeans$35,ca,ed hardy jeans$35LV,CHANAL,HANDBAGS$35NIKE SHOX+AIR MAX+TL3+OZ+NZ ONLY $35UGG TIMBLAND+LACOSTE SHOES+ED HARDY SHOES$35DIESEL T-SHIRT,GSTAR T-SHIRT,CA T-SHIRT,50% OFF FOR SALE $15DIOR SUNGLASS,DG SUNGLASS$15our website: ===== http://www.bingstore.us =====

  5. Dis veral mense se Sondaguitrustings wat my ook soms interesseer. Partykeer wonder ek of hulle nie net eenmaal per week afkom aarde toe vir ‘n koerant nie, want hulle is beslis nie bewus van wat rondom hulle aangaan nie. Dit maak die lewe darem interessant. Variety is the spice of life.

  6. jissie, het jy haar eyeshadow gesien toe sy die troue gedoen het? Soos ou Valiant sing”Sy dra te veel eye shadow!”

  7. Ja vir seker. Ook maar goed so, ons kan nie almal dieselfde wees nie, en sê nou net ons het almal van denim shorts gehou?

  8. dankie Celia, die week lyk rustig so ver, maar mens weet nooit wanneer pop daar ‘n onaangename verrassing uit nie!

  9. Ek sien hier komme ding met die Currie beker, ek sien blou en ek sien oranje, ek sien die blou verflou, ek sien die oranje skitter!

  10. Hehehe! Ek het deesdae meer hare op my rug en in my ore as wat daar op Riaan Cruywagen se nuutste pruik pryk!

  11. Nice dat jou sin vir humor nog orrait is – meeste ouens sou die moer in word en sê ek impliseer hulle is “hairybacks”:-)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s