Sies Lewies!

Vanoggend gaan ek en Vroukie Fruit and Veg toe. Die mens kan nie van brood alleen lewe nie. Die kassiere is ‘n mooi jong Boeremeisie. Toe dit my beurt is om geholpe te raak val sy met  ‘n bekoorlike gilletjie so half van haar sitplek. “Wat nou? Is jy ok?” vra ek besorg. “Ja Oom, dis net my boks wat gebreek het.” Jinne, wil ek sê, jy kan bly wees jy sit nie op ‘n doos nie, dan was hy nou middelen deur. Maar ek sê dit nie. Ek sê liewer: “Ai, amper ‘n injury on duty” 

35 thoughts on “Sies Lewies!”

  1. Daar kort ‘n debat oor wat ‘n trol is en wat bloot ‘n intelligente, denkende en eerlike mens is.

  2. Gousie – hier is miskommunikasie – daar was ‘n trol advertensie op Lewies se blog, en dis waarvan ons hier praat.Nie waarvan jy dink nie – Skaam jou!:-)

  3. Vir seker. Maar intussen hou ek by wat ek glo is die beskaafde manier van verskil. Jissie, ons kan darem nie almal “wow” en “sjoe” as kommentaar nie!Lekker week vir jou.

  4. Ek het op spaces probeer gesels maar die boodskap gaan nie deur nie–ek stem saam met jou rein gedagte.

  5. kom agter dat ek jou so slag of wat oorgeslaan het. nou lekker teruggelees en heerlik gegiggel.

Leave a reply to monicahaddad Cancel reply