Wat ‘n kakspul!

Daar is geen ander manier om die kakkastrofe te beskryf nie, geen eufemisme wat gepas is nie, kakkaklisme, kakkalêmitie ampers, maar sê kakspul, dan sien jy die ramp voor jou oë, ruik jy daardie stank van gefermenteerde riool wat vrygelaat word. Die gebou waarin ek werk, bestaan uit 4 vlakke, drie daarvan behorende tot die gedeelte waar ek my brood verdien. Ons is nou vanjaar 20 jaar in die gebou, paslik gevier ook nogal, en half trots dat dit so goed behoue gebly het, al is dit ‘n openbare gebou wat prooi is vir die vandalisme en ongeletterde grafitti van kwaaddoeners. Tot vandag toe. Toe tref die popo die fên, goed en behoorlik. Net jammer daai popo is al lankal geëet. Die rioolstelsel van die gebou bestaan uit ‘n struktuur pype wat van bo af by elke toilet aansluit, en dan deur die plafon op ons eerste vloer amper horisontaal loop om aan te sluit by die stelsel van die vloer onder ons. In daardie horisontale gedeelte is daar ‘n inspeksiegat. Erens deur die jare het die pyp aangepak, soos cholestrol in die are, en ‘n blokkasie veroorsaak. Na vele gesukkel om die probleem self op te los het ons ingenieursdepartement ‘n professionele plumber ingekry, daai soort wat sê “Jou kak is my brood en botter.” Maar waar anders moet daar oopgemaak word as juis by daai inspeksiegat, wat binne in ‘n vertrek is wat ons as vergaderingslokaal gebruik. En met al die gekarring in die pype spring daai prop met mening los, en ‘n stroom suiwer riool spuit by die inspeksiegat uit. Emmers vol. En die stank dring die hele gebou binne, elke vertrek, elke kantoor, tot die waar die uwe skuil. Dis nie ‘n stank van riool nie, g’n swaelreuk nie, eerder iets soos bobbejaanmis nadat die ou hom barstens gevreet het aan vrot grondboontjies en so drie dae later die lyf open. Daar was geen ander uitweg as om die gebou te ontruim en te sluit tot more nie, wanneer die loodgieters hopelik klaar sal wees, doeltreffend opgeruim het en die doodse stank verdamp het. Die een troos daarvan is ek dat ek nou by die huis sit en julle hierdie ongure storie vertel. 

Advertisements

34 thoughts on “Wat ‘n kakspul!”

  1. O hemel, ek wil my nie eers probeer voorstel hoe dit ruik nie – en dis nie moeilik om te voorspel dat julle nog baie lank daarmee sal moet saamleef nie. Mens verbeel jou mos dat jy dit steeds kan ruik al is dit lankal weg….

  2. Ek het nou hierdie kakstorie regtig geniet!Snaaks dat sulke k@kstories ‘n mens se verbeelding so kan aangryp.Seker maar te doen met die ou mens se inherente oergeit!Perdebytjie

  3. Ja, en as ons dit oor die radio hoor of op die silwerdoek sien, is ons kamma vreeslik geskok en verontwaardig, want dis o, so kommin!Intussen is die lagie hoogere vernis maar papierdun.Die ou wat dit nie heimlik geniet nie, moet nog gebore word!Perdebytjie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s