‘n Strontstorm trek verby

Na gister se gemors was ek nogal benoud toe ek vanoggend die voordeur daar by die werk oopsluit. Die stank hang nog daar, maar baie verlep teen gister.  Die vertrek waar die storm losgebars het is redelik opgeruim, maar daar sit nog talle verdagte bruin vlekke teen die muur. Gelukkig is daar nie veel meubels in nie, en die wat in die slag gebly het is plastiek stoele en tafels, ook net so een of twee. Die hyser is langs hierdie vetrek, en daar pong dit nog lelik. Ons het twee manlike skoonmakers by die werk, en hoewel die twee bedrewe loodswaaiers is, takel hulle daai vetrek uit eie beweging, so in die stank, darem met neusmaskers. Daniël en Oom John skrop die mure en was die vloer met Jik, hulle was die meubels en die plafonplate wat deurgeloop het. Hulle was ook die hyser behoorlik met hul mix van Jik en Germotol. Ek vergeet skoon van die kere wat ek die vieste in geraak vir die twee, en gee vir hulle elkeen honderd Rand en ‘n belofte van ‘n dag af. Die bron van onheil was daar waar die kak gespat het, en na hul deeglike opruiming daar is die saak so negentig persent beredder. More kom Cleaning Specialists met ‘n spesiale reukverdrywer, hulle sal ook die mat in die aangerensende vetrek was. Daarna hoop ek alles is honkie -dorie.

 

30 thoughts on “‘n Strontstorm trek verby”

  1. Ai ek is tog te ly vir jou… grinnik nou het jy darem nog ‘n storie waarby jou brein kan vashak as jy oud is

  2. Ek lees anderdag die rede waarom victoriaanse dames altyd klein ruikertjies – ‘posies’ en ‘tussie-mussies’ – gedra het was nie regtig vir die mooi nie, maar om die reuke van liggame rondom hulle te verbloem (want mense het mos net eenkeer per maand regtig gebad, of soiets….) wel jy het gevra vir voorstelle, hier is myne: kantoorbegroting moet voorsiening maak vir daaglikse vars blomme vir al die dames/girls/tannies, ten minste vir die volgende twee weke. (Julle sal net moet waak daarteen dat die dames/girls/tannies nie nog ‘n storm orkestreer wanneer die reuk eers weg is en die blomme opdroog nie (-; )

  3. ja, ek sit nou hier by ons kinders in Kaapstad–die Stanfordklompie het die naweek ook hier gekuier, pure plesier!

  4. Hi Lisa–die kuier was baie lekker, ek sal iets daaroor blog. More is dit terug in die tuig dan sal ek kan sien hoe dinge nou staan.

  5. Ja, kan jy glo! Daai skoonmaakbesigheid het ‘n room fogger Sterifog gebruik wat die plek nou so steriel soos ‘n hospitaalteater laat ruik.

  6. Die lewe is ‘n strontsorm…en kuns is die enigste sambreel. Of so seg die nobelpryswenner vir letterkunde, Mario Vargas Llosa

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s