Gepox, voorwaar.

Kyk, hierdie gebou waarin ek werk en waaroor my laaste twee blogs gegaan het, is gepox. Doodvirseker. Skaars terug van vakansie by die kinders in die Kaap, nog nie eens tyd gehad om daarvan te vertel nie, stap ek Donderdag lunch tyd na die keffie op die hoek vir ‘n Coke. By my terugkeer sien ek al die personeel voor die hoofingang saamgebondel. “En nou, as julle almal hier staan, wie beman die toonbanke?!” raas ek met soveel gesag as wat ek kan monster. Die stappie en die Coke-borrels in die keel ondersteun nie juis my sammajoor-poging nie. “Ntate! Sir! Meneer! Lewies!” roep hulle in orde van kultuur en rang. “Die plek is aan die brand!!”

 

Ek stik in die Coke en blaas die borreltjies by my neus uit. “Ag kak, man, die plek kan nie brand nie” wil ek sê maar ek handhaaf altyd ‘n ordentlike en selfrespekterende beeld teenoor die personeel wat hoofsaaklik uit dames bestaan. Dus sê ek “Kan nie wees nie! Julle speel seker!” Maar toe ek by die deur van die hoofingang in kyk sien ek net rook. “Waddehel gaan hier aan? Hejullediebrandweergebel!!??? Waar brand dit ?” 

 

Dit blyk toe dat van my kollegas, SAMWU strikers (ja, ek is ‘n munisipale amptenaar) die vullissakke in die bêreput van die gebou aan die brand gesteek. Die verstikkende rook het gou versprei in die gebou in en het soos ‘n cumulus wolk gehang in die area waar ek werk.

 

Nou ja, ons moes toe maar ontruim (weer). Ek het die voordeur vir die res van die dag laat oopstaan sodat die rook kon ontsnap. Vanoggend was dit leefbaar in die gebou, net die hyser het na stroois gestink, en sal seker nog vir ‘n paar dae.

 

Nou wat is die volgende ellende, wonder ek soos ou Farao van ouds toe Moses hom slaan met die tien plae.

Advertisements

20 thoughts on “Gepox, voorwaar.”

  1. Ai tog, ek het juis vir ;n kollega nou die dag gevra uit nuuskierigheid (gelukkig werk ek nie by die munisipaliteit nie), wat is die “link” met die sang , en dans en dan toi-toi? As jy toi-toi, is jy mos kwaad, en wil ‘n mens mos nie dans en sing nie?

  2. Ja mens moet maar oppas wat jy se, nou-nou word jy ook op die “steak” gebrand- soos die kinders deesdae spel!Medium-rare met aapklier sousie. xR

  3. Gejinx voorwaar, dis nou tyd dat ek die pad vat. Ek vertel wel later van di vakansie, waartydens ek en Vroukie het ‘n belangrike besluit geneem het.

  4. Hehe! raar maar waar. Waar gaan die kinders se spelvermoë heen, dis nou veel erger as verwarring met “v” en “kierietjie-f”.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s