Hallo Piet

En hier sit die uwe weer stoksielsaligalleen soos Piet Snot. Vroukie is weg. Nee, nee, darem nie as gevolg van die marakkas wat ek in my vorige blog beskryf het nie, maar weer eens in opdrag van haar werkgewer. Die keer na ‘n byeenkoms van formidabele aard in die stat van Taung, te moer en gone hiervandaan, so op die randjie van die rooi Kalahari. Maar moenie worry nie, liewe leser, ek gaan jou nie verveel met ‘n lamentasie van die hartsverlorenheid wat hier heers nie. Selwers voel ek ook nie om my aan droefgeestigheid oor te gee nie en my met sak en as te beklee nie. Herstel, ek voel so maar ek gaan nie toegee aan daardie swartgallige drang nie. Dus bou ek vanaand ‘n kitsvuurtjie en sit so ‘n minuskule stukkie steak op. Daar is darem genoeg om vir die werfhonde Pamela en Chopper elk ‘n anderhalfduimpie af te staan. Daarby kook ek aartappels en ertjies en kerf ‘n tamatie op. So a la deus ex machina diep ek ‘n halfbottel Tall Horse, wat op onverklaarbare wyse die naweek oorleef het, in die kombuiskas op. En wolla! Maar iets kort. Ja dis Vroukie. Hoe kan ek myself geniet as ek weet sy sit daar ver in ‘n verbale bombardement, opvallend eenkant vanweë haar pigment. Ai Vroukie, byt vas jong! Dis alles vir volkkenvaderland! 

Advertisements

24 thoughts on “Hallo Piet”

  1. Jammer om van die hartsverlorenheid te hoor, maar ten minste is jy nou in beheer van die remote control. Pas net op dat daardie aartappels nie weer ‘n purple rinse kry nie en skink maar ‘n ou doppie KWV’tjie.xR

  2. Afstand doen soms wondere vir ‘n verhouding – maar Vroukie – klink of sy die vasbyt sal moet toepas……….letterlik.Geniet die graswewenaarskap, klink of jy heel goed cope.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s