Lewies en ‘n vet Griek juig saam

Hallelujah! Bingo!! Eureka!!! (soos daai vet Griek dit toenteryd uitgejubel het). Vandag het ek die amperse onmoontlike, Herkuleiese taak vir die manlike geslag met sukses vervolmaak; ek het ge-multi task!! Ge Mul Ti Task!! Sonder om iets te breek, iets op te fok of lelik te praat. Drie dinge tegelyk. Een: ek maak kos. Niks haute cuisine of cordon blue nie, nie eens uit ‘n boek nie, sommer geurige maalvleis en stampkoring (klink darem beter as mince). Terselfdertyd was ek ‘n merske bondel wasgoed en ek onthou die keer om die super ball in te sit. Onderwyl dit alles aan die gang is was ek die stapel skottelgoed wat deur die week opgegaar het. Waar kom dit alles vandaan? Ek was dan alleen? Kan een mens soveel skottelgoed in so ‘n kort tyd genereer? G’n gebreekte glase en bloed die keer nie.

Nou sit ek met ‘n beskaafde rooietjie in ‘n skitterskoon Sunlight glas en wag op Vroukie. Hier êrens in my reptielbrein begin ‘n vae kommer egter gedaante aanneem, noudat ek hierie eg vroulike vermoë bemesster het, sê nou, sê nou net Vroukie begin wonder of sy dalk Lesbiese neigings begin ontwikkel as ek haar nou groet na die lang afwesigheid?

25 thoughts on “Lewies en ‘n vet Griek juig saam”

  1. Ek hoop Vroukie het jou vreeslik gemis en is baaie bly om jou weer te sien en groet jou behooorlik as sy tuis kom 🙂 Jy weet natuurlik nou dat jy gewys het jy kan, jy dit vir altyd gaan moet doen …

  2. Ai Oom Lewies wat het jy nou aangevang! Jy moet nooit jou deugde so tentoonstel nie. Dit baan net die weg vir toekomstige misbruik.

  3. hehehe… nee wat dis net verlange wat so maak Mansmense gebruik mos hulle selfbeelde op ‘n ander plek en verbeel hulle (gerieflikheidshalwe) hulle kan nie muti-task nie

  4. Ek onthou jy het ‘n vorige keer oor skottelgoed geskryf: die sleutel is ‘divide and rule’.Baie snaaks.Hierdie ook.

Leave a reply to pasella Cancel reply