Hier trek ons al by Krismisklater en Jingle Bells en ek het nog nie geteef en geteem daaroor nie. Ek is besig om my touch te verloor.
Voordat ek myself hier as ‘n krenterige knorpot mag voordoen, vertel ek gou die (lamerige) storie:
Jarre gelede ry die trein van Uitenhage na Grahamstad in ‘n sirkelroete, as jy nie op een van die twee stasies afklim nie, kom jy weer uit by die een waar jy begin het. So sit twee ouens, onbekend aan mekaar en ook onbekend met die weë van treinry, oorkant mekaar in ‘n kompartement. Hulle is maar ongemaklik met mekaar en gesels nie meer as die verpligte ordentlikhede nie. So mis hulle ook die afklim op Uitenhage en sonder dat hulle weet is hulle weer op pad Grahamstad toe. Dis toe dat die een ou sy mede-passassier so skeef aankyk en temerig sê: “Nou verstaan ek dit nie. Netnou kyk jy vir my en nou kyk ek vir jou.”
Mooi een Lewies. Mooi naweek verder.
Was nie hier nie. Heel tyd sê jy niks, en as ek my gat draai blog jy virrie vale.Het gou opvevang – nice inskrywings!:-)
Lyk my “lamerig” is nog erger as “lammerig”!?
hehehe… hoe lekker giggel ek vir die woord ‘krenterig’ wat my ma graag gebruik het! Jy moet maar vir Boney M gaan kyk!
Dankie Ouboet, lekker naweek daai kant ook.
Hi Henry! Bly jy is terug!
Ek het gedink “lamerig”gaan dalk nie werk nie–dis nou die Afrikaans van “somewhat lame”!
Boney M! Nee, daar bly ek weg!
Het net gou kom vertel van sussie se paartie en probeer om op te vang by party blogs!
so kyk hulle toe vir mekaar. 🙂
Die een dowe ou sê sê vir die ander dowe ou :Kom ons gaan vang vis.””Nee,” antwoord die tweede dowe ou, “Kom ons gaan vang vis.”Waarop die derde dowe ou sê:”O, ek dog ons gaan visvang..”:-)
Jy moelaekjou vang sag raak!
Haha, klink soos ‘n lang trippie. Jammer as ek smug klink, maar ek bevind my in ‘n land wat eers krismis in Januarie hou, en hul speel nie boney-M hier nie – Hemels! Sterkte met die drummer boys en vet rooi omies daai kant!
iemand moet altyd eerste praat …..
Stil en stemmig!
Dis meer lamerig as my grappie!
Dit was maar net safte oomblik, Lou, ek is reg vir groot lawaai!
Sjym, arme smous word seker elke dag sleg gesê!
Later word mens maar deel van die malligheid. Hier na die skole gesluit het bly ek uit die malls uit.
Soort van die prop afdraai.
Hier op die radiostasie in ons geweste is daar ‘n advertensie waar Jingle Bells al jingle, blerrie irriterend.
Angesien dit nou ontaard het in die lamerigste grap. Hier is my bydrae: Meraai loop met haar matras op die kop die straat af. Gatiep vra” Hey Meraai waar gaat djy met djou job op djou se kop?”xR
You ring I bring!