Lewies droom van ‘n plekkie by die see

Volgende jaar, op ouderdom iets in die sestig

Gebeur dit hopenlik regtig

Dat ek by die ou hawemuur van Hermanus

Ledig kan sit op my anus

Terwyl die whale crier kraai

En die see-meeue oor die blou see draai

En die walvisse baljaar in Walkerbaai

En die jong meisies hul lywe braai

En die jong manne hulle lustig aai

En ek bestel vir Vroukie, ewe fraai

Gin en tonic, met London Dry

En Ou Lucas sing oor die draadloos “Aai, aai, aai”

Van sy possie op Victoriabaai

En ek stuur al my sorge in hul malle maai.

Advertisements

45 thoughts on “Lewies droom van ‘n plekkie by die see”

  1. Moet dit nooit doen nie, bly net waar jy is en gaan vier keer n jaar na jou huis by die see. As jy daar permanent bly is jy na twee jaar siek vir die see. Die lekker dinge bly net lekker as jy dit min doen.

  2. Hermanus is DIE heel lekkerste plek ooit!Jy kan Des vakansies in die binneland gaan kuier, of koop jou huisie langs ‘n keffie – daar’s dan nie plek om op die paaie te ry nie.(net ‘n tip); )

  3. Ek is nie ‘n swemmer nie, maar sit graag met ‘n emmertjie vol blink ronde klippies en bou damme vir skippies van oesters en perlemoen tot die son die see soen. Dus verstaan ek jou droom en is regtig mooi-jaloers dat dit waar word vir een van die ouer blog-broers. ~~~^~~~~

  4. Ek was daar en dit was nie so lekker nie. Die wind het my dinis gewaai. Ek soek nou nog my braaivleis. Dit le iewers in die karoo. Nee die kaap is nie vir my gemaak nie. Maar alle sterkte …

  5. Om af te tree en te sit en niksdoen is net om die Here te vra om jou vroeg huistoe te vat. Dus, tree af, maar sorg dat jy goed besig bly.

  6. Ek is nie van daai oor-flukse ouens wat houtwerk doen of met voëltjies in die agterjaart boer nie, maar ek dink ek sal my kan besig hou met die dinge waarin ek belangstel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s