‘n Onbillike voordeel

Gister speel ons boulle op die gras (daai game met die groot ghoens wat die Franse ooms speel). Oupa Felix, 90 jaar, speel saam. Hy het geen sig in sy een oog nie en die ander oog kyk ook maar bedenklik. Teen alle verwagtinge in gooi hy die boulle verbasend akkuraat en wen selfs so nou en dan ‘n game. Sy oudste agterkleinkid Kara kla dat hy eintlik ‘n voordeel het bo ons ander. Sy verduidelik dit so: as sy gooi, moet sy korrel, en as sy korrel moet sy haar een oog toemaak. Oupa Felix hoef nie sy oog toe te maak nie, hy is mos blind in die oog,  hy gooi dus akkurater omdat hy nie hoef te korrel nie.

Beat that logic.

Aan al my mede-bloggers en bloggenote–mag julle ‘n vreugdevolle Kersfees geniet, omring deur geliefdes, en vervul met vrede en welbehae.

10 thoughts on “‘n Onbillike voordeel”

  1. Jy is so bevoorreg om deur alle ouderdomme omsingel te wees…geniet elke oomblik en mooi wense vir jou en jou geliefdes…van die kleinste, jongste tot die in die 90’sxx

  2. Ja wel, as mens in elke ding ‘n voordeel kan vind, het jy beslis ‘n voorsprong bo ons platvloerse burgers, hehe. Gelukkige 2012.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s