Die wysheid van Anna de Freitas

“Lewies”.

“Yes, Anna, what you want to tell me?”

 

Die kafeebaas van New Madeira Neserhof Supermarket vou eers die vyf aartappels toe in die groen macramé doek en kyk dan weer na my.

 

“You are a loser” sê sy feitelik.

 

“What you mean, I am a loser?” antwoord ek ietwat verontreg.

“I been tellink you fiefty two times every year you are not a winner, that makes you a loser.”

 

“True Anna. Only the potatsh today.”

 

“Bom dias Lewies. See you next Saturday”

 

“Bom dias Anna”

 

Tentosh peppermentosh Anna.

 

Disselboom

Na aanleiding van die geselsery daar by Henry oor tattoes vertel ek die enetjie…

Die ou oom land in die hospitaal en die nurs moet daar suidwaarts aan hom was en werk. Sy sien op een van sy onderdele die woorde “Oom se oom” getatoeër en vra hom uit daarna. “Nee, Nursie”,  verduidelik hy, “in my jong jare het daar gestaan “Wakkerstroom se disselboom!”