Lank, lank, lank gelede sit Lewies een aand voor die rekenaar.
“Lewies!” roep Vroukie.
“Ja Vroukie?”
“My kas se deur is stukkend, kom kyk bietjie”
“Jis Vroukie, ” sê Lewies, “ek is nou besig jong, ek sal later kom kyk” Lewies vermoed iets wat DIY impliseer.
“Waarmee??” verneem Vroukie.
“Ek is besig op die rekenaar”
“Om te wat? Met die bog op jou blog?”
Eish. Kolskoot.
“Oukei Vroukie, ek kom kyk gou”
Lewies betrag die deur nadenkend. Dan sê hy verlig.
“Ek sien nie fout met die deur nie.”
“Nee man, kyk die deur bly nie toe as ek dit toemaak nie. Lyk my die hakie daarbo is af. Kyk”
Lewies kyk. Inderdaad, die hakie is af
“Inderdaad, die hakie is af” is Lewies se slotsom.
“Ek sal more een koop en die deur regmaak”
“Ag, jy is ‘n sweetie pie!”
Lewies smaail ingenome.
Lank, lank gelede sit Lewies een aand voor die rekenaar.
“Lewies!!” roep Vroukie.
“Ja Vroukie?”
“Wanneer gaan jy my kas se deur regmaak?”
“Jou kas se deur?” wonder Lewies
“Ja, my kas se deur!” Lewies en Vroukie is agt en dertig jaar getroud en daar is ‘n vae ondertoon in haar stem wat hy hy nie vertrou nie.
“O, jy meen die hakie wat gebreek het!”
“Dis presies daai kas wat ek meen!!!” Vroukie praat in uitroeptekens.
Lewies besef: Hier kan nou huismoles kom. Hy neem sy toevlug tot die filosofiese berusting van Salomo; ‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af.
“Oukei, Vroukie” sê hy, “ek sal more die hakie koop en die kas se deur regmaak.”
Lank gelede sit Lewies een aand voor die rekanaar.
“Lewies!!!” roep Vroukie.
Lewies vermoed ‘n ongeduldigheid in haar stem.
“Ja Liefie?” probeer hy die troebelrigheid suiwer.
“Vergeet van Liefie! Fokkit Lewies, wanneer maak jy my kas se deur reg?”
“Jinne Vroukie, ek was die afgelope tyd baie besig…”
“…met wat? Met rondlê op die blogs en jouself vermaak met bogstories? Luister…”
“…nee, nee Vroukie, daar is darem ander dinge ook…”
“…jy moet net sê as jy nie…”
“…nee, nee Voukie, moet nou nie…”
” .. die blerrie deur wil…”
“…so wees nie…”
“…regmaak nie dan kry ek iemand om dit te doen en die rekening is vir jou sak”
Lewies kry nie ‘n woord in te midde van die tirade nie en blaas die aftog.
“Oukei Vroukie, oukei” sê hy vertroostend.
“En moenie my kom blerrie patronize nie !!!” Weer die uitroeptekens
Die dag daarna gaan Lewies na die hardeware winkel. Hy het nooit besef dis so moeilk om te beduie dat hy ‘n hakie vir ‘n ingeboude kas se deur wil hê nie. Uiteindelik roep die verkoopsman ‘n werker nader wat besig is om die vloer te vee.
“Thabo,weet jy wat die meneer wil hê?”
“Die meneer soek ‘n catch vir deur” antwoord Thabo terwyl hy ongesteurd verder vee.
Dis toe verdag maklik om die catch terug te sit. Lewies kan nie glo niks breek nie of hy slaan nie sy vinger raak met die hamer nie of die skroewedraaier gly en kloof sy pols oop nie. Een twee drie en Bob is jou oom.
“Kyk Vroukie,” sê hy triomfantelik toe Vroukie by die huis kom. Hy voel soos Noag toe hy die ark aanmekaar getimmer het. “Kyk net, ek het ‘n nuwe knippie ingesit en nou werk die deur piekfyn”
“Mmmm, ‘n goue knippie nogal”
“Net die beste vir jou!”
“Ag Lewies, hoe kan ek dankie sê?”
“Wel, dalk sal die Bybelse manier werk. Jy weet, ‘n oog vir ‘n oog” Lewies het ‘n slinkse smaail op sy gesig.
“Jy meen ‘n knippie vir ‘n knippie?” Daar is ‘n twienkel in Vroukie se oog.
“Net so, en dalk twee vir ‘n goue een?”
“Lewies!!”
Toe ek netnou vir Ou Top lees, wonder ek wat van jou geword het…julle twee het net die vermoë om op dieselle tyd/dag te blog. (dalk is dit net my verbeelding)Ek giggel nou so lekker vir jou storie. Ek vra nie meer nie, Lewies, ek doen dit sommer self. Ek blow torch en skuur en grind en boor als met my eie tools. 😀
Kostelik vertel – en die slimme einde het my aanvanklike vermoedens netjies bevestig ;0)
Ken die storie – maar ek is slim, teen die 3de keer vra ek hom om gou vir my die tools te bring – dan moet jy sien hoe vinnig dit gedoen word.
Mens, dink net jy kon baie vinniger gelukkig gewees het – sug – leer ook nooit!
uitstekend vertel 🙂
Ek het vandag nuwe wiele op ons skyfdeur gesit!!!!!!!!Ek hounvan die oog vir ‘n oog 😉
Vandag se vroue het nie krom handjies nie!
haai Charlinkie! Ek is bly jy het dit geniet!
Ok maar one track minded né!
Nou wat help dit ook as ‘n vrou listig is en dit nie tot haar voordeel aanwend nie!
Nie vandag sin nie!Ons is sonder kromhandjies gebore…; )
Hehehe!Ja nee, ek het die lang pad geloop!
Dankie Petro!
Nou sien jy! ‘n Vrou kan!
As ek tien sterre kon gee, sou ek.Mooi Lewies!
Dankie Vuurklip!
Ja Lewies, Wynruit dreig om al 18 knippies van die kombuiskaste hierdie naweek reg te maak. *knipoog* xR
Niemand keer jou om die knippies in die nag te gaan saboteur nie…
En daar score Lewies weer! Lekker langnaweek hou! Maak nou alles wat stukkend is, reg. Dink net aan die vergoeding wat wag…
Amen!
Dink net hoeveel goue knippies jy nie al kon gekry het as jy vroeër begin luister het na die baas van jou plaas nie, Lewies. Oulik vertel! 😉
*grin*Nie ‘n broodknippie nie…
Is darem ‘n lang langnaweek wat voorlê!
Nooit daaraan gedink nie!
After action satisfaction!
Hi DSP!!
Die lewe is ‘n leerproses!
Hi Henry! Ek snap nie die broodknippie nie?
Nie baie punny nie – ‘n broodknippie is daai plat stukkie plastiek wat die plastieksak waarin die gekoopte brood kom, toehou…
lank lank gelede in ‘n honeymoon bed, los ‘n vroutjie ‘n windjie:oepsie doepsie, vroutjie het gepoepsie, koer die manveertig jaar later doen sy dit weer:fok vrou, jy kak my uit die bed uit, grom die manlewies, maak reg die fokken kas!!!
Ja, mens moet saam ‘n sak sout opeet – knippie vir knippie…:-)
So ontaaard die mooi woordjies!
hehehe!
Kannie help dat ek Afrikaans ken nie :0)
Wyseman het vandag so baie skroefies ingedraai en spykers ingekap vir al ons skilderye en goete, dink jy ek skuld hom iets?
Skroefies en spykers? Mmmm, ek dink hy wil iets vir jou sê!
Ek het lekker gelees en gesmile!
Hier was al identiese gesprekke, net ander name. My vrou maak maar alles self reg. Ek met my ‘tien ronde duime’.
Hi Ekke! Gaaf om jou hier te sien!
My verskoning is altyd dat ek nie die regte tools het nie–dit word ook nie meer so maklik aanvaar nie!
:-)Goed gaan, Lewies.
Naandsê Berwick!
Skryf meer dat ek meer kan lag. Die ander ouens op Litnet het uit voorraad geraak. Dis elke dag dieselfde stories, gevloek en geboelie.
Ek wens die klomp wil tot bedaring kom.
Jitte Lewies,jy en Vroukie klink vir my so skattig.Oulik geskryf!
Ons het ons oomblikke!
Hi Nina–dis maar Lewies se crazy wêreld!
Oom, smaak my jy’t nog gereeld broeke vol planne…en sy het panties vol oplossings.
Nou maar waar sit jou brein, Blikskottel?