Moonlight and Roses

 

“Lewies ?”

 

“Ja Vroukie, wassit?”

 

“Weet jy watse dag dit vandag is?”

 

“Ja, natuurlik, dis Saterdag, anders sou ek nie nou nog in die kooi gele het nie” (lees ‘n kappie)

 

“Nee man, dis nie net Saterdag nie, dis ‘n spesiale dag”

 

Verjaar sy vandag? Verjaar ek vandag? Hitler sou gister verjaar het, maar ek is seker dis nie wat sy bedoel nie.

 

“Nee, Vroukie, gee ‘n leidraad jong.”

 

“Dink terug, nege en dertig jaar gelede”

 

Nege en dertig jaar gelede? Gits, dis diep in die geskiedenis, skuins voor die uitbreek van die builepes. Maar dan: lux in tenebris! Lig in die duister! Hetdaghet overall!

 

“Jis Vroukie!! Die herdenking van…

 

“…ONS TROUDAG!!”

 

“Toe daai orrel die troumars so dreun, en jy en jou pa kom in die gang afgestap, en jy smile vir my, toe voel ek soos ‘n koning.”

 

“Dit was die lekkerste dag van my lewe”

 

“En nou, ‘n leeftyd later, is jy nog net so mooi. Bietjie voller van lyf miskien…”

 

Vroukie ruk haar nek.

 

“Wat bedoel jy?”

 

Die magic oomblik dreig op die randjie van ‘n helse afgrond. Helse, soos in daai warm plek van swael en vlamme.

 

“Ek bedoel nie letterlik voller van lyf nie, dis figuurlik, ja, jy sien dis ‘n figuurlike lyf”

 

“Waddehel (oh oh, weer daai warm een) is ‘n figuurlike lyf?”

 

“Nee kyk man, jy sien Vroukie, ‘n figuurlike lyf is figuurlik. Dis nie letterlik nie. Ja, nie letterlik nie, sien jy?”

 

“Nee ek sien nie. Vol van lyf beteken vet”

 

“Nee, nee” (iemand help tog! Muse, deus ex machina, enigiemand!!) Nee, ek bedoel die moederlyf, ja die moederlyf. Jy is voller van moederlyf, voller van moederhart, daar is nou soveel meer mense wat vir jou lief is, vir wie jy lief is, ons kinders, ons skoonkinders, ons kleinkinders. Jy sien dis hoe ek dit bedoel, figuurlik”

 

“Mmmm, ok. Ag dis te sweet, al moes jy ook bleddie hard dink om daar uit te kom. Amper het jy die mood bederf”

 

“Watse mood is jy in Vroukie?”

 

Sy kyk na my. Daar is ‘n twienkel in haar oog.

 

“Na nege en dertig jaar behoort jy mos te weet”

 

En ek het.

 

 

 

 

 

Advertisements

34 thoughts on “Moonlight and Roses”

  1. Baie geluk aan lewies en sy vroukie! dis al ‘n goeie handvol jare saam.(blykbaar sê die wat weet dat die eerste 40 die swaarste is – daar is lig voor in jou tonnel)

  2. ek weet nou hoekom jy so lanklaas geblog hetjou vrou het die blog ontdeken geleesnou is jy kaings gebraaihehehehehe

  3. Ek is bietjie laat maar groot geluk, mins “kinders” van vandag bereik hierdie mylpaal. Dit is vandag my ouers se 41 ste huweliksherdenking en ek lig my hoed vir hulle! Julle is van ou gom aanmekaar gesit en bittereinders!

  4. Geluk aan jou ouers ook, mens is werklik bevoorreg om soveel jare gelukkig saam te kan wees, en dit kaats af op die kinders ook, hoop ek!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s