“Lewies ?”
“Ja Vroukie, wassit?”
“Weet jy watse dag dit vandag is?”
“Ja, natuurlik, dis Saterdag, anders sou ek nie nou nog in die kooi gele het nie” (lees ‘n kappie)
“Nee man, dis nie net Saterdag nie, dis ‘n spesiale dag”
Verjaar sy vandag? Verjaar ek vandag? Hitler sou gister verjaar het, maar ek is seker dis nie wat sy bedoel nie.
“Nee, Vroukie, gee ‘n leidraad jong.”
“Dink terug, nege en dertig jaar gelede”
Nege en dertig jaar gelede? Gits, dis diep in die geskiedenis, skuins voor die uitbreek van die builepes. Maar dan: lux in tenebris! Lig in die duister! Hetdaghet overall!
“Jis Vroukie!! Die herdenking van…
“…ONS TROUDAG!!”
“Toe daai orrel die troumars so dreun, en jy en jou pa kom in die gang afgestap, en jy smile vir my, toe voel ek soos ‘n koning.”
“Dit was die lekkerste dag van my lewe”
“En nou, ‘n leeftyd later, is jy nog net so mooi. Bietjie voller van lyf miskien…”
Vroukie ruk haar nek.
“Wat bedoel jy?”
Die magic oomblik dreig op die randjie van ‘n helse afgrond. Helse, soos in daai warm plek van swael en vlamme.
“Ek bedoel nie letterlik voller van lyf nie, dis figuurlik, ja, jy sien dis ‘n figuurlike lyf”
“Waddehel (oh oh, weer daai warm een) is ‘n figuurlike lyf?”
“Nee kyk man, jy sien Vroukie, ‘n figuurlike lyf is figuurlik. Dis nie letterlik nie. Ja, nie letterlik nie, sien jy?”
“Nee ek sien nie. Vol van lyf beteken vet”
“Nee, nee” (iemand help tog! Muse, deus ex machina, enigiemand!!) Nee, ek bedoel die moederlyf, ja die moederlyf. Jy is voller van moederlyf, voller van moederhart, daar is nou soveel meer mense wat vir jou lief is, vir wie jy lief is, ons kinders, ons skoonkinders, ons kleinkinders. Jy sien dis hoe ek dit bedoel, figuurlik”
“Mmmm, ok. Ag dis te sweet, al moes jy ook bleddie hard dink om daar uit te kom. Amper het jy die mood bederf”
“Watse mood is jy in Vroukie?”
Sy kyk na my. Daar is ‘n twienkel in haar oog.
“Na nege en dertig jaar behoort jy mos te weet”
En ek het.
Lekker! Julle is bevoorreg.
Baie geluk. Vrou met hare op die tande.
Nege en dertig jaar is ‘n leeftyd. Baie geluk!
Geluk Lewies en vir jou vroukie ook.Gelukkig hoef jy nie vandag laat te wees vir werk nie!; )
Nice!volgende jaar is die “big Four Oh”Geluk daar!
Baie geluk aan lewies en sy vroukie! dis al ‘n goeie handvol jare saam.(blykbaar sê die wat weet dat die eerste 40 die swaarste is – daar is lig voor in jou tonnel)
Ons besef dit maar al te goed, Latino!
En wat van die uwe? Ek vertel nie alles hier op die blog nie!
‘n Leeftyd voorwaar!
Charlinkie!! Howzit!!
Die eerste keer in nege en dertig jaar!
Ure maande jare vlieg soos skadudrome heen. Eish, Modderkoekie, tyd vlieg teen sestig minute per uur!
met Vroukie aan my sy sien ek kans vir hom !
Dankie Rosiedoring, maw nog net een jaar se suffer?!
Baie geluk en mag daar sommer nog baie wees
Dankie Erika!
🙂
Baie geluk!
Baie geluk lewies!!!(39 sterre vir jou) 😉
Dankie Thomas!
dankie Jeanne!
ougeit is vir voëls!
hehehe! Komende van Abrham dink ek ek verstaan jou reg!
‘n halwe … nevermaaind
Nege en dertig jaar! Jy verdien die Clitoris Crux medalje, ‘n goue een! xR
Ek dra daai medal met honour your honour!
*sug van salige genot*
Hi Twaksak!
ek weet nou hoekom jy so lanklaas geblog hetjou vrou het die blog ontdeken geleesnou is jy kaings gebraaihehehehehe
Sy sê ek praat uit die slaapkamer uit!
“Never a dull moment” daar by Lewies en Vroukie nie.Geluk!
Dankie Perdebytjie. Dull moments are for dull people!
Ek is bietjie laat maar groot geluk, mins “kinders” van vandag bereik hierdie mylpaal. Dit is vandag my ouers se 41 ste huweliksherdenking en ek lig my hoed vir hulle! Julle is van ou gom aanmekaar gesit en bittereinders!
Geluk aan jou ouers ook, mens is werklik bevoorreg om soveel jare gelukkig saam te kan wees, en dit kaats af op die kinders ook, hoop ek!