Die einde van ‘n lang pad

Skoonpa was vir ‘n paar dae hier by ons vir ‘n besoek aan die oogspesialis vir behandeling van makulêre degenerasie, wat behels dat hy ‘n inspuiting direk in die oog moet kry. Sy afspraak was vir more. Vanoggend toe Vroukie by sy kamer inloer lê tref sy hom dood aan.

Die afgelope tyd was sy gesondheid nie van die beste nie, ‘n liggaam aan die einde van die pad.Ons is dankbaar dat hy pynloos en met waardigheid kon gaan in die ouderdom van negentig jaar. Ons is dankbaar dat hy sy heel laaste paar dae hier by ons kon wees, dat Vroukie gister by die huis saam met hom kon wees, dat hy gisteraand nog ‘n laaste glasie sjerrie met ons kon deel, terwyl hy ietwat beswaard was omdat hy nie toegelaat word om ‘n bottel sjerrie in die ouetehuis aan te hou nie maar die inwoners word toegelaat om te rook, en wyn kom uit die Bybelse tyd en rook is ‘n nuwe ding!

 

 

Vale, Pa Felix, ons sal jou altyd met liefde onthou.

Moedersdag

Respekte en waardering aan al die moeders hier op die blogs–you all rock Mama!