Skoonpa was vir ‘n paar dae hier by ons vir ‘n besoek aan die oogspesialis vir behandeling van makulêre degenerasie, wat behels dat hy ‘n inspuiting direk in die oog moet kry. Sy afspraak was vir more. Vanoggend toe Vroukie by sy kamer inloer lê tref sy hom dood aan.
Die afgelope tyd was sy gesondheid nie van die beste nie, ‘n liggaam aan die einde van die pad.Ons is dankbaar dat hy pynloos en met waardigheid kon gaan in die ouderdom van negentig jaar. Ons is dankbaar dat hy sy heel laaste paar dae hier by ons kon wees, dat Vroukie gister by die huis saam met hom kon wees, dat hy gisteraand nog ‘n laaste glasie sjerrie met ons kon deel, terwyl hy ietwat beswaard was omdat hy nie toegelaat word om ‘n bottel sjerrie in die ouetehuis aan te hou nie maar die inwoners word toegelaat om te rook, en wyn kom uit die Bybelse tyd en rook is ‘n nuwe ding!
Vale, Pa Felix, ons sal jou altyd met liefde onthou.
Sterkte, Lewies!
Ai Lewies, ek is regtig jammer om te hoor van julle verlies.Sterkte daar, en gee maar jou vrou sommer ‘n groot druk van my af.’n Vrou se pa is onvervangbaar.
Wat ‘n voorreg om met soveel waardigheid voluit to kon leef.Die afskeid neem is egter steeds maar onlekker
My opregte en innige meegevoel.
Ag, ek is so jammer vir julle met die groot en onverwagse verlies. Drukkies vir almal. (Dis goed hy was by sy mense.)
Wat n voorreg om so te kan gaan.Vrede vir julle almal.
Sterkte vir jou en Vroukie, Lewies.
Sterkte vir julle!!!
Wat ‘n voorreg het julle gehad om hom vir 90 jaar te kon liefhê! Sterkte vir jou en vroukie!
Sometimes words are too much and sometimes they are not enough.
Ag hel.Sterkte daar!
Sjoe oom Lewies, what a way to go, salig en rustig by geliefdes en nie aan die hand van ‘n booswig nie.Sterke daar.
rip, oupa felix
Ai, dit bly maar hartseer – nou begin die herhinneringe, veral op spesiale dae.Ons spannetjie hier maak ook nou reg vir begrafnishou…tsk…
Pa Felix lyk baie soos my oorlee oupa. My simpatie aan jou, vroukie en julle familie.
‘n Drukkie vir Vroutjie. Ek het vandag die hele dag met my pa (ook 90) rondgery en hy’t ‘n rukkie hier in ons woonstel gekuier, ai ek raak so geirriteerd met hom en nou nadat ek jou blog gelees het, besef ek ek moet eintlik elke minuut saam met hom waardeer.
Sterkte Lewies!Dit bly maar swaar wanneer die dood iemand wegneem!
Sterkte vir Julle Lewies. (Darem kon julle groet … op ‘n soort van manier.)
Innige simpatie vir julle
ai vokkit. hey ou Vrind, my bede met julle. shame man dit moes erg vir vroutjie gewees het. sterkte
Sterkte met die verlies Lewies. Hy verdien ‘n goeie speech. Sterkte daarmee ook.
Dis ‘n pragtige inskrywing. Sterkte vir julle familie.
Menswaardig, om so sag en naby jou kinders te sterf. Dis n genade van Bo. Sterkte.Vir die nageslag: 1 Timotheus 5 vers 23.
Groot “hugs” vir vroukie en jou.Vier sy lewe met wienner mischung, deernis en dank dat julle hom so lank gehad het.Salute Felix. xxxxxxR