Streptokokkie en ander kokkie-kornuite

Ek is siek. So siek soos ‘n hond. En nie ‘n pedigree hond nie, nee. ‘n Junkjaarthond op sy laaste, keffende voor die Poorte. Hy kan nie eens sy been lig teen daai eerwaarde pilare nie.

My kop voel of ek hom afgeskroef het en of die lokasie-klonkies bol speel daarmee. My oë dobber in my oogkaste rond soos ping pong balle in ‘n toiletbak. My keel is ‘n krematorium  waarin Streptokokkie en sy kokkie-kornuite ‘n helse vuur stook. As ek sluk voel dit soos vars geslagte varkharslag wat in ‘n vleismeule gemaal word. As ek hoes klap my longe soos ‘n vis op droeë grond. Die Aambeeldkoor  dreun in my buis van Eustachius. Def Leppard speel trom op my hamer en aambeeld. My vel is seer en gevoelig soos ‘n skilpad sonder dop.  Geel. taai Pliobond drup in my keel af. My oë voel soos brood in ‘n toaster. Die dokter het my een kyk gegee en sy kop simpatiek geskud. Die apteker het gesmaail toe hy die voorskrif bekyk.

En boonop voel ek nie lekker nie.

En nou roep ek Dr Sjerrie se hulp in.

Advertisements

43 thoughts on “Streptokokkie en ander kokkie-kornuite”

  1. Gorrel gou-gou ‘n bietjie soutwater en hou sommer die glasie eenkant vir later. Maak ‘n heuning mengsel met disprins en brandewyn en kookwater.

  2. Elke lid in my familie was ook siek, keel, bors die hele boksomdaais. Ek was die enigste een wat tyd gehad het om die dokter R300 en die apteker R890 te gaan betaal om my gesond te maak. Hulle is almal al LAAANKAL gesond en ek sukkel nog met ‘n kug en ‘n neus vol @#$%. My man het Borstol gaan koop en is 100% So; al wat ek eintlik wil sê is, hoop jy word GOU gesond.

  3. Hi Caro, oud Potchefstroomer? Ek bly eintlik in Klerksdorp, maar Letterdash het nie so ‘n opsie gegee toe ek die blogs gejoin het nie.

  4. Ja,ons het Pothefstroom toe getrek toe ek omtrent vier was. Ek het as beginner onderwyseres hier op Vereenging begin en hier is ek nog steeds ….. baie jare later.

  5. Ek het dit laas te erg gegorrel, toe brand die sout my keel moertoe. So matigheid is dus in orde – ook met die watsenaampies..; )

  6. Met jou in die toestand sal ek probeer om ver van Potch af weg te bly…demmit en ons wil besigheid daarso begin.

  7. Ag Lewis,jy maak my dag.Ek lag nie vir jou siekte nie,maar jy beskrywe ons almal se slegste nagmerrie so skaterlaglekker!Ek lees bietjie laat.Hoop jy voel teen die tyd beter!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s