‘n Bron van Vreugde te midde van Ou Testamentiese Pestilensies

So sit ek my en versukkel in my sino-brongiale depressie dat ek ampertjies vergeet om te vertel van die Groot Kuier.  Bloggers sal weet dat niks, maar niks op deeske aarde, ‘n oupa-blogger so opbeur as die kuier saam met sy kleinkinders nie, mmm, ja wel, saam met vrug van sy lendene ook. So midde in my Siekte kom kuier die Kaapse kinders en kleinkinders Mira en Liam. Wanneer het hulle so groot geword? Ek het hulle dan skaars ses maande gelede gesien! Die kuier is ook benut om klein Liam ten doop te bring, in sonde ontvang en gebore. Ai tog. Die dopery was ander oupa en ouma gedrewe, met ‘n lekker kuier en ete daarna. Nou is die outjie nie net amptelik Liam Enso Ferreira Botha nie, maar ook in die anale van Goudkop NG Klerksdorp staan dit so aangeteken. Vir die onligeligte leser, Enso is nie ‘n afkorting van Ensovoorts nie, dit is ook nie ‘n misspelling van Enzo Ferrari nie, dis, soos ek ingelig is, ‘n Zen begrip wat “volkomenheid” simboliseer. Zen in Goudkop NG? Goed dominies het dit nie geweet nie! Nou is dit Ouma se surpraaiskas wat woes uitgepak word, Chopper en Pamela wat moet hol voor die aanslag, lekker baklei oor speelgoed. Jis, en Mira kan ‘n steelhou in die ribbes pomp! En daarna, soete slaap, pure onskuld. In sonde ontvang en gebore? Kak man.

35 thoughts on “‘n Bron van Vreugde te midde van Ou Testamentiese Pestilensies”

  1. hehehehe… red nou ‘n nasie met ‘n man wat Enzo heet! Baie geluk Oupa! Mag julle Enzolose vreugde uit die jongling kry.

  2. Geluk, Lewies…met die doop van die kleineEk sien jy herstel stadig – ons almal hier is met genade geslat met ‘n drie-dag griep.

  3. Geniet die kuiergaste.Die naam mag vreemd klink in Afrikaans, maar siende dat dit hulle kind is, kan hulle hom so noem.

  4. Jy glo tog nie die in sonde ontvang storie nie, Rosie ?Ek lees dat Lewies jammer is dat die lieflike, onskuldige kindjie gedoop moet word met daardie dogma op die horison.

  5. Ja-nee Lewies, ek was ook midde in ‘n erge sino-brongitis, en dit op die vooraand van my Europese trippie……Verder stem ek heelhartig met jou saam, Oogappel Kleinkind, het my dae opgekikker en weer ‘n smile op sy ouma se bakkies gebring, en sommer die koors, pyn, toe bors en seer keel laat wyk!

  6. Jaaa, Rosiedoring, is hulle kind en hulle kan hom noem nes hulle wil, maar Lewies sou darem baie mooier gewees het!

  7. Skud vir brongitis af voor jy die pad vat, hy is ‘n onwelkome reisgenoot!Ja die kelintjies is ‘n plesier in mens se lewe, pure lekkerte.

  8. Nee genade tog, Lewies!En jy rook nie eers nie. Prof Van der Walt van NWUniv het net mooitjies vanoggend gese (RSG) Diesel uitlaatgasse is baie gevaarliker as sigs. Jy moet bietjie wegkom daar.

  9. Stem saam g’n in sonde ontvang en gebore nie. Mal ook oor my kleinkinders al het hulle nou permanente inwoners van my kaia geword. Jy moet meer skryf Lewies. Jy doen dit so lekker.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s