Vir die wat het…

Gistermiddag na werk doen ek en Vroukie ‘n paar aankope vir die naweek. Ons maak ook ‘n draai by ons vriendelike slagter  (lees hier oor hoe vriendelik hy presies is http://blogs.litnet.co.za/pasella/is-oom-n-pensioenaris-oom).

So midde die groetery vertel hy van ‘n nuwe spekwors wat hy maak en gee my twee stukkies om te probeer. Toe ons by die huis kom, wag een van die engele op ons voorstoep. Hy is redelik ontredderd–het die heel dag loop en skropwerk soek, niks gekry nie, en as hy nou na sy huis toe gaan is dit net om die huisbaas by wie hy die shack huur, te vertel dat hy nie die R150, 00 huurgeld vir die maand te kan betaal nie. Die huisbaas het reeds gedreig dat hy hom met sy vrou en twee klein kindertjies uitgooi as hy nie gister betaal nie, winter of te nie. Seun, dit is nou die engel, het ervaring hiervan. Sy bestaan is gepokmerk deur uitsettings aan die einde van die maand, dan moet hy iemand soek wat bereid is om hom en sy gesin vir die nag te huisves. Ek help sover ek kan en hy is hier weg met ‘n dankbaarheid wat my laat verleë voel het.

Later steek ek ‘n vuurtjie aan. Ek skink vir my en Vroukie ‘n glasie cabernet. Die wyn flonker robynrooi in die krsitalglas.

Goeie boeket, maar met ‘n vreemde, bitter smaak.

Op die TV pronk Zuma.

Advertisements

30 thoughts on “Vir die wat het…”

  1. Hy wat Zuma is ervaar mos “slapelose nagte” oor die armes in Luilekkerland, maar pas het hy weer ‘n peperduur jet goedgekeur. Hy gee nie ‘n fok om vir sy mense nie, hy laat dit aan jou, my en die ander jammerhartige (blankes) oor.

  2. ..die ergste van alles is as daai regerings dose(ja dis wat hulle is), so lekker in hul fensie karre rondjaag of in luukse erries rondkletter. Die “engele” stem egter nog steeds grootliks vir hulle en dis nog meer siek.

  3. Die teenstrydighede van dit wat op TV verskyn en vertoon word en die ellende in die strate en by ons tuinhekkies, maak my naar.

  4. Ja swaer…. Dis maar goed daar is nog mense soos jy wat ‘n helpende handjie uitsteek… Ek is net bevrees ons raak al minder en die nood raak al groter. Danksy Zuma en trawante.

  5. ‘Skuus dat ek nou eers hier opdaag – was mos bietjie weggewees…Ek gaan NIE toelaat dat my gewete die inhoud van my glasie bitter maak nie.

  6. Welkom terug, Lou. Nee, my gewete is skoon, die bitterheid kom van onse regering wat sy plig teenoor die armes, sy stemvee, klaaglik versaak. Hulle vreet sushi terwyl die armes moet bedel om te kan bestaan van dag tot dag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s