Dis nou Mira en Liam. Tannie Emsie Schoemann (sy sê mos “Tannie” is ok) (Die tannie is ok maar die oom is ‘n bliksem), Tannie Emsie sou trots wees op hierdie kinders met hul mooi maniere
Liam: “Oupa! Oupa!”
“Ja Beesblaas, wat is dit?”
“Oupa, ek het gepoep!”
“Agge nee magtag Liam!”
“Scuse me!”
Mira: “Oupa! Oupa!”
“Ja Poppie, wat is dit?”
“Oupa, ek het geburp!”
“Agge nee magtag, Mira!”
“Pardon.”
En nou is ek voorlopig klaar met die dinge van ‘n kind.
hehehe… is hulle vir jou te veel… na net so paar dae… nee jong!
good day ya
Jap ! Die kinders hou mens besig, maar daar is nooit ‘n vervelige oomblik nie !
Beide die tannie se kinders is geskei.
Jy moet kan nie klaar wees met die dinge van ‘n kind nie, Lewies!Die beste le nog voor en ons wag en wag en wag…;D
onse aarde, maar die oupa het rede om trots te wees op kleinkind wat al Franse woordjie ken. Hoor dis ‘n moeilike taal om onder die knie te kry.:-)
Man, dis net lekker om hulle te geniet
Ag hulle klink so oulik. Oumas en oupas ondervind maar kultuurskok – ons het mos al vergeet van die werklikhede van kind grootmaak.
As hulle onder die tafel, poep, dan is hulle erg tuis.
🙂
vooooooooorlopig, vir ewig en ewig, amen
hahaha. Ja die dinge van ‘n kind! (Toemaar party grootmense het dit nooit verleer nie)
ek sien kans vir hulle, maar nie so aanhoudend nie!
Right Wrong!
Ek wonder dikwels of dit dieselfde sal wees as mens hulle gereeld sien, nou is dit si twee, drie keer per jaar.
Hulle moes vir hul ma geluister het.
Ja jong, maar ek wil nie hê julle moet dink ek is opgeskeep met die kiddies nie!
Hehehe!
Is so Faansie, my groot plesier in die lewe.
Net so Frannie–kindgrootmaak lê ver in die verlede,.
Vreemd dat die kleintjies so begaan is oor die onbetaamlike liggaamsgeluide!
Hi Henry!
Vok (met apologie!) ek hoop nie dis ‘n afskeidswoord nie!
Dis daai ewige kind!
Ek dink dit sal defnitief anders wees as julle hul meer gereeld sien.