Onlangse gebeure

Ons was vir ‘n week hier

om te sien hoe dinge hier verloop het

Ons is baie in ons noppies met die dansvloer

Dis nou die huis wat ons net mooi ‘n jaar gelede in Hermanus gekoop het. Ons het ‘n bekwame bouer in die hande gekry wat veranderinge binne aan die huis aangebring het. Onder andere was daar ‘n massiewe kaggel in hierdie vertrek wat uitgebreek is. Die beukehoutvloer is geskuur en geseël, dit lyk baie goed, kort nou net ‘n paartie, so ‘n mynerpaartie met Klipwerf en Klipdrift en langarmdans. Ons ken niemand daar nie, so alle bloggers is genooi.

So met die terugkomslag huis toe hier in Klerksdorp sê ek en Vroukie vir mekaar nou is ons reg om te trek. Ons huis hier moet nou net verkoop. Ons beplanning is om teen einde Oktober die tuig neer te lê, dan sal ek 34 diensjare hier voltooi het. My skof is verby, my graaf is blink gewerk. My gat is vol.

34 thoughts on “Onlangse gebeure”

  1. Ek sien jy maak al klaar ‘n Kaapse draai daar op die mooie vloer!Lyk pragtig.Hoop julle maak gou vriende daar.

  2. Man ek is bly ek ken n man met n plan,en dan werk die ook dan so mooi uit !!Geniet die lewe verder.Baie mooi plek en uitsig.

  3. O, Lewies, dis so mooi en groot – ‘n aftree paleis..Jeeez julle is gelukkig!Hoop julle het die kaggel net verskuif – dis ‘n groot nodigheid in die Wes-Kaap.

  4. Die week wat ons in die Kaap was het ons te duidelik besef daar sal een of ander soort van ‘n stofie moet in. Die weer was ellendig.

  5. Die kaggel het baie ruimte in beslag geneem en het die vertrek donker gemaak–ons plan is om dit vervang met ‘n stofie, Heatwave of soortgelyk.

Leave a reply to pasella Cancel reply