Die bromkatjies kom weer.

En weer. En nog ‘n keer Ek het vir julle vertel hoe siek ek is met hierdie inskrywing http://blogs.litnet.co.za/pasella/streptokkie-en-ander-kokkie-kornuite. Sedertdien was ek twee keer terug na die dokter wat die diagnose gemaak het. Toe die bronchitis egter nou weer toeslaan besluit ek om ‘n ander dokter te raadpleeg. Neem x-strale, monitor die bloeddruk oor 24 uur. Uitspraak: jy het bronchitis, Lewies, maar die hoë bloeddruk is baie meer kommerwekkend. Nog ‘n handvol pille, antibiotika, hoesmedisyne en daar gaan ek. Nog geen beterskap nie, maar dis nog vroeg in die wedstryd.

Die een gevolg van al die medikasie wat ek geneem het en nog neem is dat ek nou ‘n kenner, ‘n fynproewer op die gebied van hoesmedisyne geword het. Kyk, jy kan my niks vertel van die robuuste boeket van Alcophyllex nie, of die malse geurvermening van Solphyllex nie, of die klewerige nasmaak van Dilinct nie.

So sit ek en Vroukie gisteraand hier rond. ( Tussen hakies sy is ook ellendig siek, die tweede keer, ook so ‘n borsaandoening-erg, arme vroumense kry ‘n borsaandoening mos dubbel so erg as ‘n man, o, die wel en wee van vrouwees.) Nietemin, gisteraand sit ek en Vroukie hier rond, elkeen besig met eie goete.

“Lewies” rasper Vroukie dit uit.

“Ja Vroukie?” fluit dit deur my gestude stemboks.

“Het jy lus vir ‘n glasie sjerrie voor ons eet?”

“Nee dankie. Ek sal liewer twee medisynemate hoesmedisyne neem. Wat eet ons?”

“Vis”

“Tuna?”

“Nee, gestoomde hake”

“Met kruie?”

“Ja, vinkel”

“Nie koljander nie?”

“Nee, net vinkkel”

“Dan sal ek settle vir Solphyllex. Die fors,gespierde dog nie opdringerige ondertoon van Diphenylpyraline en die parmantige anyssmaak van die vinkel sal suksesvol kombineer en saamsmelt in ‘n papille-prikkelende pikante proe-sensasie. Die Theopphylline anhydrous van die Solphyllex mag dalk die kombinasie subtiel korrupteer en saboteer, maar waddehel, laat ek waaghalsig wees. Skink vir my sommer nog ‘n medisynemaat.”

Advertisements

21 thoughts on “Die bromkatjies kom weer.”

  1. Ag siestog,Lewies!Lyk my die ding los mens nie maklik nie.Sterkte vir jou en vroukie.Jy het my nou skoon afgesit van sjerrie!

  2. sterkte !put the lime in the coconuthttp://www.youtube.com/watch?v=aA9OqUuA6a0and drink ’em all up dit help glo vir die maagkrampe wat deur die hoesttrope veroorsaak word …

  3. Met die wat elke Jan Rap en sy maat deesdae kookboeke produseer is daar dalk tog’n niche vir ‘n alternatiewe aanslag!

  4. Dankie vir die raat (met ‘n t né) en die lekker You Tube skakel. Ek dink die feit dat ek vanoogend nog ‘n gig moes koop het dalk iets daarmee te dooen!.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s