Hoe verganklik en verraderlik is roem en heldeverering nie! Enkele jare gelede toe Morne Steyn die Bokke uit die kak uitgeskop het en die kak uit die Engelse, juig die koerante :”Morne jou beaut!” Toe dit blyk dat hy ook menslik is en sy speilpeil ‘n afwenteling toon, verander die kreet “Gee Morne die boot!” Gisteraand se nuus op Kyknet het egter tot die slymerigste dieptes van smetterige snotjoernalistiek gedaal toe hulle die hekke oopmaak en die hondsdol brakke op Morne sit. Ja nee, dis ‘n free for all waar elkeen sy oomblik op TV uitbuit om Morne sleg te sê, elke Amalekiet en transvestiet spoel sy bitterbek uit. Dis die drekkige droessem van powervrot TV sportjoernalistiek op sy beste, in HD beeld. Mog die bekrompe siel wat dit uitgedink in sy eie walgspuug (dankie Pruim!) stik.
Hoeveel van Morne se swak spel is nie te wyte aan sy afrigter, die heimlike Meyer nie. Dis tog hy wat die spelpatroon bepaal: “Staan diep en skop die bal moer toe” As hy nou sien die plan werk nie, het hy mos rustyd tot sy beskikking om te sê “Staan vlakker en laat die bal loop. Die voorspelers kan die game verder opfok”
En nou moet Johan Goosen daai kastaiingrige bal uit die vuur krap. Wat gaan Meyer heimlik in sy oor fluister? “Speel jou normale game ” of “Staan diep en skop die bal moer toe?”
Die onsekerheid hier op die blogs oor wat met ons gaan gebeur met die groot trek wat op hande is, laat my dink aan ‘n politieke vergandering daar uit die veertigs. Dit speel af in Tweeling se dorpsaal waar die mense op sulke houtstoele sit. Daar is so ‘n verwyfderige jong man wat kort-kort opspring as die toespraak driftig raak, dan skreeu hy” Maar wie sal ons beskerm?” Agter hom sit ‘n fris antie van die plaas af, daai soort wat ‘n mudsak mielies vrou-alleen op die wa gooi. Toe hy weer opspring, gryp sy hom aan die kraag en pluk hom neer en sê: :”Sit stront, ek sal jou beskerm!” Hoop daar is iemand wat ons sal beskerm!
Ek weet nou nie veel van die tegniese aspekte van rugby nie, maar hy is so ‘n mooie man. Na wie gaan ek nou kyk? xR
ek het ook nog gedink hy is die held toe is hy al die hond.
Nie net een swaeltjie maak ‘n somer nie … 15 spelers verloor ‘n wedstryd
HaHa Sit, stront ,ek sal jou beskerm.Ja, hoeveel skuld het die afrigter?
Ek gee nie om oor wie waar en wanneer in watter span speel en hoe goed hy was of is nie….wat my dieplik aanraak is hoe jy dit skryf.Briljant!
As ek Pat Lambie is gaan speel ek my Rugby in Japan . Die Geelspan en later die Swartspan, gaan biltong van die Bokke maak op die plaaslike velde .
Op sy dag was Tweeling nie sommer hierjy se plek nie
Probleem is dat HM is groot XTEN…en Morne is sing saam van dieselfde blad af…Arme Natal seun soutie lambie word seker gesien as die anti xris…no chance in hell…
Goeie antwoord.
Dit gaan oor wen, anders kan enige speler mos maar gekies word. HM is straag om te verander.
Dis eenvoudig. Daars n tyd om te wees en n tyd om nie te wees nie.Wat komplikated is, is om te weet wanneer dit tyd is om te gaan.
*grin*
Helde val soms blerrie hard!
Pat Lambie is darem in die agtergrond,
So val die helde, not with a bang but with a whimper.
Netso.
Blerrie baie, dink ek. Hy werk immers die game plan uit.
Dankie Juffrou Lou!(Ek wou antwoord oor jou boodskap maar Lettersmash (of wat dit deesdae is) wou nie saamspeel nie. Dis regtig tragiese, hartseer nuus.)
Sal Lambie nie kan kwalik neem nie–profeet in sy eie land né.(Vanoggend lyk sake darem sommer stukke beter!)
Ek het jare gelede nogal dikwels deur my werk daar gekom–ek onthou nie meer veel nie, maar het tog ‘n aangename gevoel oor die plek en die Riemland.
hehehe! Gewoonlik dink ek jy praat kak, maar ek ken mense wat net so dink soos jy daar sê!
Lyk my hy het darem nou genadiglik ontwaak.
Of wanneer die afrigter besluit jy moet gaan.
Hi Henry!
Is so. As ‘n hoë boom val, val hy hard.