Man in die spieël

Vanoggend skeertyd

“Wie is jy? vra ek die man in die spieël.

“Ek is Lewies”

“Aikona, jy maak ‘n fout, ek is Lewies”

“Wat laat jou so dink?”

“Wel”  antwoord ek, “ten eerste het ek nie so ‘n moerse bles nie. Ten tweede is my vel nie so beplooi nie. Ten derde is my snor nie so grys nie”

“Hoe oud is jy?” vra die man in die spieël.

“Ek is vandag presies twee en sestig jaar, elf maande en dertig dae oud.”

“Met ander woorde jy is more drie en sestig”

“Netso”

“Nou wat verwag jy Lewies?”

Tja, so spoed die lewe verby teen sestig minute per uur

34 thoughts on “Man in die spieël”

  1. Ek het ook ‘n appeltjie te skil met die ou vrou in die spieel….GA!Puik skrywe vir ‘n begaafde JONG manAs die blogs vannag trek, en ek sien jou nie gou weer nie, BAIE GELUK liewe Lewies, ohom dat jy gaan verjaar…lalala.

  2. Doring word oor sowat 6 weke 61. Net gisteraand was sy opmerking dat sy lyf dalk na 60+ lyk maar dat sy kop beslis nog nie so voel nie.By voorbaat baie geluk!

  3. Baie geluk! Ek gaan nou jou verjaarsdag vier met ‘n lekker stuk tjoklit koek en ‘n glasie bubbly. Hierdie geleentheid mag nie verby gaan nie of wat praat ek.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s