Wedergebore

The boy stood on the burning deck

Sy gat is aan die brand

Ek is so bly ek het dit gemaak

Hier na die Anderkant.

Lyk my my verhuising het redelik goe dafgeloop, aanvanklik het ek gedink ek het al my inskrywings verloor, maar as ek Google kom ek tog by Lewies mymer uit. Ek het weer geregistreer en ‘n nuwe avatar gekies, ‘n dolos beentjie. Toordokters gooi die dolosse en dan gebeur dinge, so hoop ek die dolos aktiveer die skryflus.

 

Advertisements

‘n Ou koei

En daar kom die bromkatjies weer, nou vir die vyfde keer sedert dit in vroeg Junie kop uitgesteek het. Ek is nou moedeloos, dis die een reeks anti-biotika op die ander, x strale, die keer selfs so ‘n pompiekie, pomp hom twee keer per dag. Laat my dink aan my honeymoon. 

Ok, ek gaan nou eers pomp.

Oor die jet setter naweek by die see.

So vlieg ons toe in see toe, King Shaka International, all expenses paid, kry ‘n slinternuwe Hyundai i 20, slegs 70 km op die klok. Hy ruik onbetaamlik na ‘n welvaart wat die uwe nie  kan bekostig nie, maar dis all in the game, die noveau riche status pas Lewies soos ‘n handskoen. Ons verblyf is in ‘n grand hotel in Umhlanga, Garden Court, maar toe ons die kamertjie sien daal teleurstelling soos ‘n floers oor ons neer. Klein. Piepklein. Maar dis verniet, ons gaan nie dat dit die vakansie bederf nie. En ook nie juis netjies aan die kant gemaak nie, daar lê Nandos-reste op die spieëlkas, halfgebruikte seep, ‘n nat shower cap. So a la ‘n ontugspeurder uit die sewentigs slaan ek die lakens oop, en ja, daar is die bewys, swart op wit. Twee pikswart crinkle cut hare. “Die kamer is nie aan die kant gemaak nie” sê ek vir Vroukie en ek bel room service. Die mama wat aanvanklik ‘n ietwat harregat houding inslaan erken toe later, die kamer is wel aan die kant gemaak, maar nie gestrip nie, volgens haar register is hier nog mense wat hier bly, ze rhum izz occupied. Met baie verskoning van bestuur se kant kry ons toe ‘n ander kamer, en as troosprys, ‘n suite!! Noal met ‘n see-uitsig, weliswaar ver maar nietemin, en ‘n balkon, weliswaar sonder meubels maar nietemin.  Nou het ons ge-arrive. Oorweldig deur ‘n gevoel van mildadige tevredenheid sê ek vir Vroukie so teen skemer tyd; “Vroukie”, sê ek, :” hoe lyk dit met ‘n jenewer en tonikumwater drienk?” Vroukie sê dit sal lekker wees.  ‘n Indrukwekkende kroeg begroet ons. Die kroegman beken verleë, nee hulle het ongelukkig nie jenewer en tonikum water nie, maar sal gin en tonic doen? Inderdaad. ‘n Dubbel vir Lewies en ‘n skinny vir Vroukie. Behaaglik teug ons aan die ontspanwater, raak so effe loom en lui van die alkohol, ‘n gevoel van wedadigheid klots sagkens oor ons soos brandertjies op ‘n maanligaand.

 

“Another one sir?”

 

“Maybe later, thank you. Let me settle our bill”

 

Tjikke tjik tik-tik slaat hy die computer.

 

“That will be R83 sir”

 

Lewies skrik daai aangename gevoel van alkohol beswyming skoon weg. Hy wil iets sê maar dink dat ‘n jet setter die punch met grasie moet vat.  Hy skrop diep in sy beursie vir R83.

 

“Vroukie, ons sal ons op ‘n ander manier moet vermaak as met drank”

 

Ja wat, en toe het ons. 

 

 

 

 

Pasella

Vroukie het verlede jaar ‘n toekenning by haar werk gekry waarvan die prys ‘n naweek vir twee in ‘n grand hotel is. Ten spyte van al my dinge nooi sy my saam.  Dus vertrek ons more Umhlanga toe, all expenses paid, behalwe die een ekstra nag wat ons daar oorbly. Soos my jet set vrinde sê: More klim ons op die highway Lanseria toe en dan vlieg ons in.  Sondag vlieg ons weer uit. Lekker vooruitsig!