Oor die jet setter naweek by die see.

So vlieg ons toe in see toe, King Shaka International, all expenses paid, kry ‘n slinternuwe Hyundai i 20, slegs 70 km op die klok. Hy ruik onbetaamlik na ‘n welvaart wat die uwe nie  kan bekostig nie, maar dis all in the game, die noveau riche status pas Lewies soos ‘n handskoen. Ons verblyf is in ‘n grand hotel in Umhlanga, Garden Court, maar toe ons die kamertjie sien daal teleurstelling soos ‘n floers oor ons neer. Klein. Piepklein. Maar dis verniet, ons gaan nie dat dit die vakansie bederf nie. En ook nie juis netjies aan die kant gemaak nie, daar lê Nandos-reste op die spieëlkas, halfgebruikte seep, ‘n nat shower cap. So a la ‘n ontugspeurder uit die sewentigs slaan ek die lakens oop, en ja, daar is die bewys, swart op wit. Twee pikswart crinkle cut hare. “Die kamer is nie aan die kant gemaak nie” sê ek vir Vroukie en ek bel room service. Die mama wat aanvanklik ‘n ietwat harregat houding inslaan erken toe later, die kamer is wel aan die kant gemaak, maar nie gestrip nie, volgens haar register is hier nog mense wat hier bly, ze rhum izz occupied. Met baie verskoning van bestuur se kant kry ons toe ‘n ander kamer, en as troosprys, ‘n suite!! Noal met ‘n see-uitsig, weliswaar ver maar nietemin, en ‘n balkon, weliswaar sonder meubels maar nietemin.  Nou het ons ge-arrive. Oorweldig deur ‘n gevoel van mildadige tevredenheid sê ek vir Vroukie so teen skemer tyd; “Vroukie”, sê ek, :” hoe lyk dit met ‘n jenewer en tonikumwater drienk?” Vroukie sê dit sal lekker wees.  ‘n Indrukwekkende kroeg begroet ons. Die kroegman beken verleë, nee hulle het ongelukkig nie jenewer en tonikum water nie, maar sal gin en tonic doen? Inderdaad. ‘n Dubbel vir Lewies en ‘n skinny vir Vroukie. Behaaglik teug ons aan die ontspanwater, raak so effe loom en lui van die alkohol, ‘n gevoel van wedadigheid klots sagkens oor ons soos brandertjies op ‘n maanligaand.

 

“Another one sir?”

 

“Maybe later, thank you. Let me settle our bill”

 

Tjikke tjik tik-tik slaat hy die computer.

 

“That will be R83 sir”

 

Lewies skrik daai aangename gevoel van alkohol beswyming skoon weg. Hy wil iets sê maar dink dat ‘n jet setter die punch met grasie moet vat.  Hy skrop diep in sy beursie vir R83.

 

“Vroukie, ons sal ons op ‘n ander manier moet vermaak as met drank”

 

Ja wat, en toe het ons. 

 

 

 

 

Advertisements

22 thoughts on “Oor die jet setter naweek by die see.”

  1. Haha!Lewies!Ons het ook so iets oorgekom.Mildelik gebruik gemaak van die kroegyskassie in die kamer.Gelukkig sien ons die pryslys onduidelik iewers vasgeplak,jaag na die naaste bottelstoor en pak weer dieselfde drankies skelm terug.Ai die lewe van ‘n jetsetter!

  2. dis nou skrik jou nugter!siende dat die wegbreek naweek “op die huis” was weet ek nie hoe julle kon kla oor ‘n “slightly used room” nie…….. 🙂

  3. ooooooooo dis darem erg… dan met die fooitjie is dit R100 – julle kon ‘n week gedrink het met die geld? Bly julle het darem die see gesien!

  4. Ons was verlede week in Natal met opleiding. So word gevat na ‘n Hotel in Umhlanga (The Boathouse) liewe ouers, dit is mooier as mooi netjies skoon en ek voel diep ryk. Ons het 2 aande daar gaan eet. Ons was 5 en glo my ons het omtrent alles op die menu geeet. Hulle porsies is lewensgroot, diens puik en R1130 stap ons knippeldik daar uit.Kan hulle aanbeveel as jy ‘n geldtjie het.

  5. Ek ken Umhlanga nogal, maar weet nie van The Boathouse nie. Met ons voorgenome trek Kaap toe sal ons seker nie gou weer in Umhlanga kom nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s