Hierdie storie begin op 1 Februarie 1972, toe die uwe, gewapen met graadsertifikaat nog nat van die ink, die onbekende arbeidsveld betree. Vandag, sommer netnou, plaas ek die finale punt aan die einde van daai storie. Van toe af geswoeg en gesweet om my brood te verdien, soms met lekkerte en soms met ‘n gevoel van eindelose hunkering na pensioen, veral post ’94 in die munisipale bestel waarin ek gewerk het. En nou, asof met ‘n abrakadabra-swaai van ‘n towerlap, is die oomblik hier–ek het so pas uit my kantoor van die afgelope 22 jaar gestap en met ‘n finale klik die lig afgesit. Net so, bingo bongo dis donker in die Kongo. Die kollegas gegroet wat aan diens was, three step handshakes en hugs, my gesig in die krullerige kartels van Krismiskapsels, beloftes van ons sal Whats-up, hier en daar ‘n deinserigheid in die oog, Fifi wat slurpend snuif. Lewies, Meneer, Ntate, ons sal jou mis. En ek vir julle, ten spyte van die téte a téte oomblikke, die nie-opdaag by die werk , die verwagting dat ek a la Agony Aunt huislike en finansiële probleme sal oplos (en die vaste geloof dat laasgenoemde sal geskied met ‘n kitslening gefinansier deur Ntate Lewies.) Ja ten spyte van dit alles, want die smiles as ek soggens groet, die plesierige luiddrugtigheid aan die teetafel wat slegs Ntate se “Ke nako!” kreet kon demp, die eer om Ntate genoem te word,dit sal my bybly.
Hamba kahle, Emeritus!
Ek weet nie of ek moet simpatiseer of gelukwens… elkeen het mos sy eie belewenis van ding… Ek het weer vanoggend vir ‘n ‘jong’ kollega gesê -Daar is niks so lekker om afgetree te wees… ek sal nooit die emeritus haal nie want dan kry ek nie die fliekafslag vir pensionarisse nie – dis die vreemdste gevoel daardie eerste keer as jy jou pensioenkaart gebruik en jy gaan hom nog ‘n hele paar keer gebruik.
Elke keer as jy so vertel van die joys of pensionhood sien ek uit daarna om dit self te beleef, en wolla!! hier is die oomblik!
Lyk my daar gaan ‘n GROOT man.
Hulle gaan jou mis.
tsk…
Ek het maar probeer om ‘n pre ’94 werksetiek te handhaaf, en ek had ‘n goeie span wat my ondersteun het.
En so kom alle goeie dinge ook tot ‘n einde…
🙂
jy mag maar uitgetree het , maar jy mag sowaar nooit aftree nie , ok… 🙂
hahaha! Ja, daar is ‘n groot verskil!
Ek wat ait sonder enige “job description” gaan nooit die voorreg van aftree, uittree wat ook al, ervaar nie
Lewis, maak dit tog asb
Ek wat sit……. in my eerste kommentaar. 🙂
Die eerste dag van die res van jou lewe…….en so oneindig baie moontlikhede 🙂
So baie om te doen, so min tyd!
Welkom by die klub!
My magtag Deon, het jy my voorgespring?
En dit wat jou hand vind om te doen – doen dit met jou mag!
Geniet dit!
Goeie raad Henry!!