In vino veritas, oftewel, wynstories word waar

En hier is ons in Hermanus, ‘n droom wat begin het  met ‘n glasie rooiwyn in die hand langs die braaivleisvuurtjie het waar geword. Die trek het goed afgeloop, die honde was aanvanklik erg getraumatiseer na ‘n rit van amper 16 uur, amper uitgepaas agv die veearts se kalmeerstroop. Hier het ons te hore gekom van ‘n feromoon-halsband wat die ma-hond se feromone namaak en die honde dan laat rustiger voel–klink vergesog maar dit werk. Die een honderd bokse is so te sê uitgepak, die huis is so te sê ingeruim met ‘n holte vir elke voet. Die voortuin is aan die kant gemaak deur ene Lucky, ‘n man wat hier in die omgewing as tuinman werk. Te oordeel na die wasem op sy asem kort Lucky quickstart vroeg in die oggend, maar dan hou hy aan totdat sy petrol opraak. Die bure aan albei kante het kom kennis maak, aangename mense wat ons laat tuis voel in die omgewing.  Kara en Mia het reeds een middag na skool hier kom kuier terwyl hul ma ander sake op haar agenda gehad het. Gister het ons die dag afgevat en gaan rondry, opgeeindig in Struisbaai en vis en tjips by die hawe ge-eet. Dinsdag is dit Kaapstad toe om Mira en Liam te baby sit as hul ouers red Hot Chilli Peppers se konsert gaan bywoon. Nee wat, hierdie emeritusstaat pas my soos ‘n handskoen!

16 thoughts on “In vino veritas, oftewel, wynstories word waar”

  1. Aha!
    Jis, ek is jaloers. Ek hou van Hermanus en ek is bly vir julle part dat alles nou gesettle is.

    En daar dog ek toe ek is ook afgetree, maar nee, die geelwortel is ryp en soet en die aflospossie gaan nou aanhou afgelos wees tot Junie. Ek moan glad nie oor die Kontrak-salaris nie!

  2. Bly dat alles goed verloop het. La vida buena! Het vir jou ´n boodskap gelos op jou laaste bog daar uit die Transvaal.

  3. Welkom! Jy gaan voel of jy in die hemel is na Noord-Wes, net so tussen ons tweetjies, nie vir ander oë bedoel nie……..

    1. Hehehe! Voel of ek in ‘n space warp is, terug pre 1994–skoon strate, g’n potholes, munisipale amptenare wat kan kommunikeer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s