“Vroukie!!!”
“Ja Lewies?”
“Watse dag is dit vandag?”
“Nee, kwit, Maandag of Dinsdag”
“Kan nie Dinsdag wees nie, was mos nou-die-dag Dinsdag”
“Dit was laas week”
“Kan dit al Woensdag wees?”
“Nee, ek dink dis eers volgende week”
“Is ons al in Februarie?”
“Moet wees, ek sien Checkers is die ene Valentine”
“Vroukie…”
“Ja Lewies?”
“Ons moet ‘n dagboek koop. Een van 2013”
Is julle seker dis nou 2013?
Uhmmm, sal eers moet seker maak!
Ja, so gaan dit as mens nie meer gehoor hoef te gee aan die roetine van ยดn beroep nie.
Ek kom ook agter dat mens wel roetine nodig het!
Ag is dit nou nie salig nie… lyk of julle dit darem geniet?
Big time, Tina, big time! So tussen al die nesskroppery deur.
Oulik!
Hallo Charlinkie!
๐
Hi Net Ek! Bly om jou hier te sien!
Oh julle ontspan nou vreeslik lekker dat dae julle verby gaan….
Tyd maak nie meer saak nie!
Hoe gaan dit daar met Lewies…
Hi Zeppie, dit gaan voor die wind, nogal besig, die dat ek so lank gelede iets gepos het, sal weer binnekort aan die gang kom.
Ek giggel net een strook deur………..Welcome to the club.
Ek is baie bly dat ek hierie klub gejoin het! Hoor my ou tuisdorp se munisipaliteit is finaal bankrot.
Lekker lag ek!
Is julle seker julle is wakker Lewies??? *Grappie*
Dit voel partykeer of ek droom, maar dis ‘n lekker droom!
het julle trek koors? Weet nie van wie wat of waar!
Het getrek vanf Klerksdorp na Hermanus–read all about it op my blog!
Die lewe is nou net te lekker oor om dag en datum te worry!
Net so, Lou!
Die dagboek gaan nie veel help as julle nie weet watter dag dit is nie!Geniet die aftrede.
So ver is die aftrede baie lekker, ek mis net die vakansiedae!