Volspoed op veertig

Ek en Vroukie het verlede Sondag ons veertigste troudag herdenk, ja, liewe leser, veertig jaar, net so lank as wat Moses en sy troepe in die woestyn geswerf het. Maar anders as daai ongelukkige siele het ons nie ons Kanaan eers na veertig jaar bereik nie. Dit was uit die staanspoor duidelik dat ons vir die heilige eg, met mekaar, bestem is. Hulle sê die eerste veertig jaar is die moeilikste, daarna is dit maklik. Maar sê nou net een van die twee partye verwissel die tydelike met die ewige na een en veertig jaar, dan het hulle mos net een jaar van huweliksgeluk beleef! Nee wat, ‘n mens moet maar werk aan die huwelik, en nie so ‘n Gods-water -oor-Gods-akker benadering openbaar en dan hoop alles sal uitwerk nie. So is die ou lewe mos, wat jy saai sal jy maai, wat jy insit sal uitkry. Dankie Vroukie, vir veertig jaar se maatwees, liefwees, sterkwees. Met jou aan my sy sien ek kans vir die lewensmylpale wat verskuil in die pad vorentoe lê.

28 thoughts on “Volspoed op veertig”

  1. Ag hoe mooi! Baie geluk!
    Ek onthou nog goed hoe sterk jy in die moeilikheid was toe ek by Litnet aangesluit het… 😆

  2. Geluk, daar moet fees gevier word! ‘n huwelik wat so lank hou, en gelukkig daarby; is ‘n rare verskynsel.

  3. Is gelukwensing in order of soek jy heimlik ook na bietjie medelye soos meeste ander mans? Wel ek gee albei.

  4. Geluk! Min mense haal deesdae daai merk, en ek hou van wat jy hier se, my tipe man, ‘n WARE een en nie ‘n regte een nie! Geluk!!! Bou hierop voort!

  5. Julle is voorwaar bevooregd. ( besig om ‘n uitgestorwe spesie te word) Tel jou seëninge lewies, tel hulle een vir een……

    1. as jy Hermanus inkom, net so op links! Laat weet as jy weer die koers kom, dan re-unie ons oud Noord Westers.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s