Taai taaiers

Daar in 1972 betree ek die arbeidsveld en koop my eerste kar, Fiat 132 S,  uit die boks,so ‘n gele met wit vinyl seats en vyf ratte. Lekker windgat. Kos my so R4 200. Gister sit ek twee nuwe taaiers op my hedendaagse kar, Captiva, en dit kos my meer as R5 000. Die Fiat kon ek oor drie jaar afbetaal, die taaiers drie maande. The times the are a’changing, soos ou Bob profeties verklaar het. Taai swaer, taai.

10 thoughts on “Taai taaiers”

  1. Ja dis lekker by die see! Hulle het my nou net R25 000 gekwoteer vir ‘n nuwe turbo charger. Dit was seker ‘n huis se prys in 1972? En daar is apparently sand tussen die remskoene en disc, wat my kar soos die klankbaan van The fast and furious laat klink as ek ‘n draai vat. Hoekom is daar so baie verkeerssirkels in Hermanus??

    1. @m.maryna Jy is reg oor die huis se prys, ons eerste huis in 1975 in Bethlehem het R23 500 gekos, en 30 jaar om af te betaal. Verkeersligte ipv sirkels? die een is maar net so lastig as die ander.

  2. Moenie met my oor die goed praat nie… Ek word sommer moerig oor hoe die ape die geld laat verval het.

    In 1975 kon ek my nuwe LandCruiser se tenk volmaak vir R10, met kleingeld. Wat kos 65 liter nou?

  3. eish, herinner jy my dat elk op gladde bande rondskaats en werk daarvan sal moet laat doen
    Praat van die eerste rygoed. Kind het nou die dag vir hom ene aangeskaf – dit moet ‘n radio, air con ens ens in hê. Jare toet kwalik van sulke goete geweet

Leave a reply to Berwick Cancel reply