‘n Nuwe wêreld wag

Ek is op die oomblik in ‘n baie veilige plek, ek het geen bekommernisse, geen vrese. Ek is beskerm en geborge, maar ek voel tog ek moet hier uit. Ek kan nie vir ewig hier bly nie. Ek het wasdom bereik, en ek moet aanbeweeg–die drang om voort te gaan is alles oorweldigend.  Ek hoor stemme, vreemde stemme wat ek nie voorheen gehoor het nie. Dit voel of iets my vasdruk, ek moet uit!! Die stemme–“Druk Mevroutjie!! Druk!” Die drukking word oorweldigend, ek wil vorentoe beur om dit te ontsnap maar dit kom golf op golf. Dan bars die wêreld voor my oop in ‘n verblindende lig, ek word voortgestu asof deur ‘n tonnel tot by die bron van die lig. Dan weer die stemme: “Hy is uit, hy is uit! dis ‘n seuntjie!! Geluk Mevroutjie!! ‘n Welgeskape seuntjie! Wat gaan julle hom noem?”  ‘n Bekende stem antwoord ” Lewies, sy naam is Lewies.”

Dan weer die ander stem: “Nurse, skryf daar in die kraamregister by 1 Oktober 1949: Lewies gebore om 3:24. “

31 thoughts on “‘n Nuwe wêreld wag”

  1. *fluister* dis 29 September? nog twee daggies wag.

    Dink net nou is dit net: ‘Ek is op die oomblik in ‘n baie veilige plek, ek het geen bekommernisse, geen vrese. Ek is beskerm en geborge’ en jy hoef nie weer so drang te beleef nie. 😆

  2. Eers gedink daar’s huismoles 🙂 Baie geluk Lewies! As jy nou van Dinsdag af met elke verjaarsdag ‘n jaar aftrek, kan jy oor 64 jaar as ‘n orgasme sterf. Iets om na uit te sien!

  3. Ek dink dis die veiligste van veilige plekkie, behalwe as die swanger vrou nie mooi na haarself omsien nie. Mooi skrywe, Lewies! Geluk met jou amper verjaarsdag.

  4. Ai, Lewies! Dis net jy wat so dieplik lekker oor jou geboortedag kan skryf. Hoop jy het ‘n wonderlike dag met hope presente om oop te maak. xx

    1. @loudavisi Was ‘n baie lekker dag, Lou. die groot presente was die boodskappe van almal wat onthou het en die kuier en kaartjies van die kleinkinders.

  5. Baie geluk met die geboortedagherdenking ! As mens op 64 jarige leeftyd steeds daardie fyner detail so helder in die geheue kan oproep, is die verstand mos nog jonk en fiks en gesond 🙂

  6. Pingback: Verjaar |
  7. Sug… jy word nou regtig oud! Nog nie eers die vorige kommentaar gemodereer nie!

    Baie geluk Dis eerste jaar as afgetredene het salig verloop hoop ek! Mag die komende jaar nog lekkerder wees

    1. @tina10 Aftrede is ‘n seën Tina. As ek so van my oud-kollegas hoor van al die dinge wat aan die gang is is ek diep dankbaar dat ek daarvan verlos is.

  8. Baie geluk! Ons is altwee Libra’s. Ek het net hierdie jaar besluit dubbel nommers werk nie meer vir my nie, ek het die eerste nommer geskrap. Vars voor begin……

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s