Overbergse toeval

Hoe toevallig kan dinge nie verloop nie.  Hier in Hermanus in is dit amper gebruiklik dat mense jou sal vra of jy ‘n local is. Dan sê jy ja, maar ek is nog ‘n inkommer, pas hier beland. Dit maak dan die pad oop vir ‘n uitvraery van ‘n ander wêreld, vanwaar kom jy? Ken jy dalk vir so en so? En dan is daar blye verbasing as daar wel ‘n gemeenskaplike kennis is. So ontmoet ons iemand hier en na ‘n kuier of twee kom dit uit dat sy en Vroukie in dieselfe skool op Kroonstad was, weliswaar nie op dieselfde tyd nie maar tussen hulle onthou hulle ‘n klomp skoolmaats en onderwysers , en wat nou werkilik toevallig is aan die storie is dat die persoon se broer getroud is met die meisie wat veertig jaar gelede ons strooimeisie was!

‘n Groter toevalligheid, eintlik ‘n bietjie eerie, gebeur een Saterdagoggend toe ek en Vroukie by die kontreimark rondflenter. Vroukie sien haar eerste, ‘n ou bekende uit Klerksdorp se dae, wat nege jaar gelede saam met haar kinders Amerika toe ge-emigreer het. Vroukie se verbaasde uitroep het my amper hoendervleis gegee, sien sy ‘n spook helder oordag?  Haar broer lê op sterwe in Stellenbosch, verduidelik  sy, en sy het hom vir oulaas kom besoek.  Sy kuier vir die naweek by vriende in Hermanus, en vlieg weer die Maandag terug Amerika toe.  Dink nou net watter permutasies moes gejel het sodat  ons mekaar op daai spesifieke oomblik moes raakloop.

 

 

Advertisements

18 thoughts on “Overbergse toeval”

  1. Dis altyd lekker as dit gebeur. My broer hulle bly innie Kaap die mense vra hom gereeld; “O en van waaggg is jy?” 6 jaar is nie lank genoeg nie, hy sal altyd nie van daar wees nie, maar van elders.

  2. Ek het nou net by die winkelsentrum in iemand wat ek seker sewe jaar gelede gesien het, vasgeloop, bloot omdat ek eers in my motor geklim het en toe eers onthou het dat ek die parkeerkaartjie moet gaan betaal. As ek alles korrek gedoen het, het ek haar misgeloop.

    1. @tina10 Soos ek nou die dag vir my buurman sê, “Anthonie,” sê ek (dis nou Anthonie Rupert, jy weet), “Anthonie ou maat…”
      Nee wat ou Tina, hier is nog plek vir die armgatte ook, ons is sprekende bewys daarvan.

  3. Minstens het julle hulle herken- wedersyds..vir my ‘n nagmerrie as iemand my bestorm en vreeslik bly is om my te sien en ek onthou nie die mens nie, geen klokkie lui uit die newels nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s