Kerswense

Ons had die afgelope week gaste uit die Noorde, soos die Hermanussers sê, Vroukie se sus en onse swaer het hier gekuier.  Die weer het nie juis saamgespeel vir seeplesier nie, maar ons het die geleentheid gebruik om rond te ry en plekke soos Dassiesfontein en Greyton vir hulle te wys. Daarby het ons Hermanus se interessante straatjies plategeloop en by elke winkeltjie ingeloer. Hulle het vanoggend vroeg weer die pad gevat huis toe en skielik is ons huis stil. Ek het selfs tyd om vinnig hier by die blogs in te loer en om vir al my blogmaters ‘n geseënde Kersfees saam met die mense vir wie julle lief is toe te wens. Laat ons te midde van die klatergety nie die ware boodskap van medemenslikheid vergeet nie. Selwers gaan ek en Vroukie die dag in Stanford deurbring met ons kinders en kleinklinders, die heel eerste Kersfees wat ons so bymekaar sal wees. Vir die uwe is dit nou die tjerrie op die koek.

8 thoughts on “Kerswense”

  1. Geseende kersfees vir julle ook Lewies.
    Die volgende stel jyvir my so mooi en baie waar, dit is waaroor dit werklik gaan:
    ‘Laat ons te midde van die klatergety nie die ware boodskap van medemenslikheid vergeet nie. ‘

  2. Baie dankie vir die goeie wense, Lewies! Koester die oomblikke saam met die kinders en kleinkinders! Mag julle ook ‘n vredevolle Kerstyd beleef!

Leave a reply to Henry @kompethenry Cancel reply