Die swye van Lewies Mymer

Die swye van Lewies is te wyte aan ‘n besoek daar in die Noorde, Bethlehem, Klerksdorp en Kroonstad, waar ons familie en vriende gaan besoek het en my tante wat in Kroonstad woon, vir wee weke hier na ons in Hermanus gebring het. Toe ek nou my blog oopmaak, sien ek my avatar is geskaak. Dalk een of ander wonderwerker-toordokter wat ‘n dolosbeentjie vir sy doepa benodig? Ek kies toe ‘n ander avatar, die Gansies van Gansbaai-hawe, wat nie ganse is nie maar drie kleurvolle vissersbote wat in die hawe voor anker le. Ek het alles gedoen soos ek dink dit gedoen moes word, maar dis hels of die avatar verander. Toe probeer ek die foto op hierdie inskrywing plaas, maar lyk my dit geluk ook nie. Om sout in my wonde te vryf sit ek hier met ‘n nuwe rekenaar, gelaai met Windows 8, wat ‘n geniepsige stukkie tegnologie is. Ek vind die laptop se sleutelbord ook ‘n bliksem om baas te raak.

25 thoughts on “Die swye van Lewies Mymer”

  1. Lewies, gelukkig het jy dan al die ongelukkigheid wat hier was gemis. Ek en heelwat van ons, was so gelukkig om ons avatars te vermis. Lyk my jy moet daardie foto baie verklein, dan werk hy. Welkom tuis.

  2. Jy was in my wereld. Hoop jy het lekker hier gekuier! En foto’s is byna onmoontlik om te ‘post’ deesdae … Ek kon dit nog nie regkry om deel te neem aan een uitdaging nie.

  3. Sterkte en Welkom terug Ja, jy moet die heel klein maak anders laai dit nie op nie
    Sien jy moenie so lank wegbly want jy raak uit oefening!

  4. Selle hier, Windows 8 is vir my ‘n nagmerrie en ek het ook nou ‘n klein laptop met ‘n simpel sleutelbord, kon nog nie kappie op die e uitwerk nie en my touchscreen dryf my na raserny. Ek oorweeg sommer lesse.

    1. @vega Ek gee nie om vir ‘n gesukkel as dit erens heen lei nie, maar die geploeter strip my moer.

  5. Ten minste kan jy darem van jou oulike skryfsels hier pos,al is dit sonder avatar.Dit was sommer ‘n gespook.

  6. Vroulief het my verras met ‘n Lenovo Ideacentre, Windows 8 en elke ding. Byt vas, dis nie rocket science nie.

    1. Dankie Tannie Frannie. Eintlik moes dit my avatar geword het, maar ten minste is dit darem op my blog.

  7. Vir ‘n gebore Vrystater is daar niks mooier as die wuiwende grasvlaktes in Kroonstad omgewing . Bly jy’s weer oppie lug.

Leave a reply to blikskottel Cancel reply