Vanoggend stap Lewies en Vroukie dorplangs terug huis toe van hul daaglikse stappie langs die see.
“Baked beans for breakfast” lees Vroukie vermoedelik een of ander spesiale aanbieding wat by Anya’s Mum se restaurant adverteer word.
”Het jy lus vir ‘n brekfissie?” vra Lewies.
“Nee, hulle adverteer ‘n vacancy for a waitress”
Hoorfout, dink Lewies ietwat bekommerd. Die ding gebeur deesdae al hoe meer.
“So wat sé jy van daai Le Creuset kastrol?” vra Vroukie.
“Nee wat, ek sé;ja” antwoord Lewies. Ons het lanklaas ‘n seekoskasserol geëet”
Lewies kan nie verstaan hoekom Vroukie so skelm glimlag nie.
“Hoekom smile jy so skelm Vrouke?” vra Lewies.
“Lewies, dit sal die duurste wees wat jy ooit vir ‘n seekoskasserol sal betaal!”
Oom Bartel herrys!
@vuurklip En ek het so lekker gelag vir die simple oom!
‘n Pienk fountjie dalk?
@daniec Dit sal seker die uiteindelike oplossing wees,die eerste hulpmiddel om die ouderdom hok te slaan, soort van ‘n oorgawe.
Hoe sê? Kom weer? … Huh? Vir wat fluister jy so?
Siestog arme Vroukie!
Ek het die lelike gewoonte om te se “Die wie se waaat?” as ek nou nie so lekker hoor nie.Dit strip nogals vir Vroukie.
@tina10 Sal nog die ping ding onthou!
ek kyk en begeer ook daardie le crueset potjies! Weet net dat ek dit nie meer ten volle sal benut nie
@tantekoba Bleddie duur, daai potjies! Ek hoop daar is nou genoeg in hierie huis!
Ai die vergange tjieng van n aambeeld. Die plof van vuis in deeg is n skewe smaail.
@benvanbruggen Ou dae se dinge.
Haai daar laat jy my nou my matriek biologie onthou:
Malleus,Incus, Stapes…
🙂
Sien, Latyn is nie uitgestorwe nie!
@kompethenry Pinggggg!!!
Partykeer kan so ‘n dowe oor handig te pas kom. My skoonpa was baie hardhorend en as hy iets soos “Issit?” gese het, het ons geweet dat hy nou nie ‘n ideeeee het van dit wat gese is nie.
@lora2me Die pes van so ‘n dowe oor is dat dit mens soms sleg in die verleentheid kan laat beland,
Lekker lag ek nou.My regteroor is effe doof en dis handig as daar ‘n kriek tjirp in ons kamer,dan draai ek op die linkeroor en siedaar …kriek uitgesorteer!Daar is voordele!
Mens het ek nou empatie.. net gister my nuwe oordingetjie gekry..vanoggend toe ek dit uit sy droër uithaal (Kan jy glo- eie droër ) en terugplaas speel daar so wysiekie , soos selfoon aanskakel wysie .. ek belowe jou ek hoor tot in die”fynste besonderhede’- by wyse van spreke!