Na my kommer oor afnemende gehoor besluit ek om ‘n draai by ‘n oudioloog te maak.Laat ek dan nou vir eens en vir altyd weet wat my status is. Na al die toetse gedoen is stap ek huis toe waar Vroukie wil weet:
“En toe, wat sê sy?” (Sy is nou die oudioloog)
“Askies Vroukie, hoe sê ?”
“Nee toemaar, lyk my ek weet”
“Grappie Vroukie. Sy sê daar is geringe gehoorverlies hier in die middel frekwensies, maar nie so dat dit ‘n gehoor apparaat regverdig nie”
“So jy kan goed hoor?”
“Hard en duidelik”
“Nou ja, gaan maak asseblief die vullisblik leeg. Ek moet mos altyd soebat want jy kan mos nie hoor nie”
“Haai jissie Vroukie, jy sê nie eens jy is bly dat ek nie ‘n bêtterietjie hoef te dra nie, order my sommer net rond”
“Grappie Lewies. Ek is baie bly jy kan my hoor. Wil jy hoor wat ek nog vir jou wil sê?”
Verbeel ek my of is daar ‘n twienkel in haar oog, en dis nog nie eers teetyd nie!
🙂 kostelik !
Ag lekker en dis nie eers sommer net ‘n los gelukkie nie! 😆
Ai,Lewies! 😆
😀 😀 😀 😀 😀
Soms moet ‘n man hom horende doof hou. Soms nie.
Jy’s ‘n gelukkige man, Lewies. 😀
😀
Hoe lekker lag ek nou vir jou en Vroukie!