Een en veertig

Dis soveel jaar as wat die uwe en sy Vroukie hulle vandag in die staat van heilige eg bevind. Ja, een en veertig jaar gelede het ek gesuit en getie daar voor die preekstoel en voor die gemeente ewige trou aan my mooie bruidjie beloof.En sy het beloof om haar man onderdanig te wees, so a la die credo van ons Christelike opvoeding van doerie tyd. Ek het my belofte gehou, en Vroukie? Die lesers van my blog moet maar self daaroor oordeel! En wat gaan ek doen om hierdie memorabele moment te gedenk? Mmmm, blomme sal seker van pas wees, daai ou en beproede standby vir ‘n man in die nood of in die moeilikheid, en dan vanaand ‘n ete in ‘n romantiese setting, terwyl ons handjies hou en mooi woordjies fluister. Die Spur het mos hoeka Maandae ‘n spesiale aanbieding, twee burgers vir die prys van een.

Alle grappies op ‘n stokkie, ek is geseënd om my sielsmaat in hierdie lewe raak te geloop het, my alter ego, daai stukkie van die legkaart wat my lewe volmaak maak. Ons het een en veertig ryk en gelukkige jare saam meegemaak, en nou, hier waar die pad begin afdraand loop, is ons tred ferm, saam pak ons die pad aan, hand aan hand, ‘n lied in ons harte, en dis vir seker nie tjie-tjie elevator music nie! Double four time!

 

7 thoughts on “Een en veertig”

  1. Hehehehehe … ek weet nou nie van al die beloftes want ek kan my so twee weke voorste wat ons liefste Lewies maar diep in die sh..t was!

    Baie geluk Sterkte vir die volgende 40 jaar!

  2. Ek hoop Vroukie gooi jou met daai Spurburger!
    Baie geluk aan julle…dis wonderlik om te hoor dat mense so lank en liefdevol by mekaar kan bly!

  3. Baie geluk! (As ek more lees dat die Spur bugers lekker was, trek ek my woorde terug!) Hoop julle het ‘n geseende jaar.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s