Leef jou reis, Litnet my ou maat,
Maar nou gaat ek jou verlaat
Sedert 2008 het ek hier geskryf en gekuier
Maar nog langer? Nee ek weier
Ons blogville word oorstroom deur onwettige immigrante
Hul arrogansie grens aan die flagrante
Om kommentaar te lewer is ‘n moerse gestoei
Met Captcha se gesukkel wat ek so verfoei
Die meeste van my blogmaters het reeds verkas
En nou sit ek hier soos Piet Snot op sy gat
(ok, dit rym nou nie, maar “bas”
wat wel rym klink darem wragtig
bollie- kinderagtig)
So, liewe vriende wat steeds nog bly
Kom soek my by
Lewies Mymer.Wordpress.com
Ciao Litnet, it was nice knowing you
Toodle-doo!!
Lewies jou wordpress blog adres is…
pasella2013pasella.wordpress.com
Eish!!
Onthou om by my en Tina en Net Ek te gaan kyk vir ander bloggers
Dan in daai blogger se blog heel bo aan is ‘n opsie Follow
Wanneer jy dit kliek dan follow jy daai persoon se blog en kry mail as hulle iets post en dit wys ook in jou reader
Nes ek nou jou gekry het toe jy post geplaas het
Ek sal lys van name vir jou mail
dankie, Zeppie. Ek het al so ‘n paar bekendes raakgeloop.
Haai Lewies..my adres is perdebytjie.wordpress.com as jy my wil opsoek.Ek is bly jy is diΓ©kant…lekker rympie..humoristies soos net jy kan wees!
Ek gaan jou nou uitcheck!
Jip, ek dink Litnet het nou tot ‘n einde gekom.
*fluister* Ek geniet WP baie meer as Litnet! π
Ek navigeer makliker hier.
Ek’s seker jy gaan goed soos “jy is jou afgemeld” by LitNetblogs vreeslik mis. π
Hehehe! Ja nee, en al die verrassings, een dag kan jy kommentaar lewer by iemand se pos en die volgende dag nie.
Litnet se moe…. ag ek bedoel gat. Welkom hier. Follow so veel mens emoontlik, dan verskyn hulle in jou reader. xx
Hi Murphy! Ek begin al die ropes ken hier!
Is lekker met julle almal hier π