Ek glo oor gans Suid-Afrika word daar vandag oor die weer gesels–agter die koue front vertel die een die ander hoe koud dit is en voor die front waarsku elkander mekaar oor die naderende koue. Hier in Hermanus in is ons tans midde in die front–dis koud, dit reën, die noord-wester gier. Die honde stink na nat hond, hulle lê lui en tevrede voor die vuur. Hier was selfs pieperige hael en poeperige donderweer. Laasnag het die wind ‘n yslike bietoubos uit die grond in die parkie oorkant ons huis uitgeskeur en dit tot in die straat gewaai. So pas het Overstrand se lorrie hier gestop en die werkers het dit opgelaai, tesame met die bloekomtolletjies wat die dreine verstop. Viva DA! So a la die voorbeeldige voorbeeld van die wyse maagde is die wyn voorraad hier ten huise aangevul, genoeg droë hout is langs die kaggelstofie opgestapel en ‘n dik ertjiesop brou in die slow cooker. Op die koffietafel lê ‘n paar biblioteekboeke en tydskrifte. Leeker, man, leeker.
En hier oorkant die berg is 800 mense haweloos nadat hul kaias afgebreek is.
Ai fok, ween droewe land, ween.
Ja jinne. Kan jy dink.
Maar jou huis klink heerlik hoor! Sommer snoesig.
Darem was die afbreek nie die DA se toedoen…
Jip dis leeukoud weer die
Ek hou van die wyn en kaggel idee
Ons hier bo wag nog in spanning vir die koue om ons te tref.
Ek glo die koue is nou daar. Bitjie beter hiervandag, koud maar sonskyn.
Die koue is aan’t inbeweeg.Die wind het skielik opgekom en die wolke kom aangestorm.Hier by ons word plakkers vandag uit ou fabrieksgeboue uitgesit…tydsberekening was absoluut absurd.Hulle het al vyf maande gelede ‘n hofbevel gehad om dit te doen…wonner wat gaan aan met mense?
Mens kry soms die gedagte die uitsetters wag vir die slegste weersomstandighede.
Dit klink asof julle die aftrede baie geniet. Ek is bly!
Grinnik – wel duidelik het jy die Lekker man Lekker video gesien!!!! Kry nuwe betekenis nê
Hi Tina, ja nee, ek het hom gecheck. Ek geniet daai skunnige skertsery, en ou Anna Smart wat haar moemfie wys!! Kostelik!
Mens moet darem sulke goed net SOMS sien
Lekker naweek
Waar is daai Boek post van jou nou