Hierie Vadersdag was ‘n lekker Vadersdag vir die uwe. Al die kinders en kleinkinders was hier te lande, 10 siele saamgebondel in onse huisie. Vroukie wat die onthoukook ding doen dat die gravy spat, kleinkinders wat pinkies draai vir roomys en sjokolade en ander lekker verrassings daar in die sweetie jar. Geskenke ook gekry, wat ek aanvanklik, tot die kleintjies se gejil, geidentifiseer het as ‘n rok blyk toe ‘n voorkoot te wees. Mmm, ek wonder wat Vroukie se aandeel hierin was. En die? Dis dan ‘n kopdoek!! “Nee Oupa, dis ‘n buff soos wat hulle op Survivor gedra het!!”
Nou ja, ek lyk nou nie soos Corne Krige as ek dit opsit nie, eerder soos ‘n sushi chef by ‘n straatkeffie.
Dis darem lekker as almal so saam kuier!
Bly jy het die dag geniet!
Ja dis lekker as die klomp hier is.
Jip lyk my Lewies het die dag heel hartig baie geniet
Was ‘n lekker saamkuier, Zeppie.
Die aftree akodeer goed met jou
Al hoe beter Tina!
Ek sien selfs die hond het dit geniet.Klein dingetjies wat die lewe lekker maak!
Ou Chopper geniet die kiddies.
Kosbare oomblikke.
Prima pêrels in my memory snoer.