Gunsteling sitplek-uitdaging

Ek wou ‘n foto plaas om aan hierdie uitdaging deel te neem, maar kry toe hierdie boodskap:
Error 2010_0812Kaa…20100040.JPG
HTTP error.
Weet iemand wat dit beteken en hoe kan dit reggestel word? Sjiets, en net toe ek dink ek het hierdie WP onder die knie.

As ek nou nie kan wys nie, moet ek maar vertel. Daar in Klerksdorp se huis het ons so ‘n lekker ingeleefde stel gehad met ‘n bank, nie so ‘n hierjy bank nie, ‘n driesitplek lêbank voor die TV. Toe ons nou besluit om Hermanus toe te trek moet ons besluit wat gaan saam en wat gaan vir ‘n appel en ‘n ei verkwansel word. Verwoede teenstribbelng van my kant ten spyt, Vroukie het die slag om die bank gewen. Verwere soos “Maar Vroukie, die stel is so lekker ingeleef” het Vroukie a la Gerrie Nel getroef met “Ingeleef se gat, die ding is afgeleef”. “Ja maar dis’n oorspronklike Jorl Boltshin ontwerp!” gooi ek haar ‘n goëlbal. “Wat jy deesdae in elke Ellerines kry” slaan sy hom vir ‘n ses. Uiteindelik gee ek die stryd gewonne, en met ‘n seer hart kyk ek toe hoe Goldfields Secondhand Furniture se faktap blou Toyota bakkie met die bank en stoele om die hoek verdwyn.”There goes my only possession” wil ek lamenteer.

Hier in Hermanus in koop ons toe ‘n leerbank. Dis nie dieselfde nie. Kleindogter Mia som dit mooi op: “Hier is te veel rules in die huis. Jy mag nie met jou voete op die couch sit nie, jy mag nie op die couch eet nie, jy mag nie op die couch drink nie. Dis boring”

Advertisements

19 thoughts on “Gunsteling sitplek-uitdaging”

  1. Ha ha.. ek voel saam met jou kleindogter, mens raak lief vir meubels en ai die sentimente … !! Ek wonder of wp nie ook koud kry nie..maar vanoggend het ek ‘n error op my fbook ook gekry toe ek net ‘n regmerkie like wou maak..

  2. Ek hou sommer baie van jou storie. Ek het so sofa wat al lankal afgeleef is maar hy trek nog steed oral saam. Het ook dieselfde probleem en dit dryf my teen die mure op. As jy uitvind hoe om dit reg te maak laat my asseblief weet.

      1. Ek het dit uitgefigure, seker omdat ek kort net na 1950 gebore is. Daar staan voeg vanag jou url by, en dan doen jy dit en jy wag en dan werk dit. Tenminste weet ons darem nog hoe om te spel 😉

        1. Lewies se ons elektronies gef@k, iemand het nou die dag gesê ons is elektronies bedlêend. Nou wat vir ´n ding is ´n URL en waar kry ek dit? Nou sal julle besef hoe erg is my gestremdheid. Intussen soek en probeer ek.

        2. Lag ek my nou van my stoel af. url is die ding wat bo wys as jou blog oopmaak. myne is bv monicahaddad01.wordpress.com. Maar moenie worry nie ek het dit ook maar onlangs geleer.

        3. Ek sit nou juis weer hier en spook. Dankie vir die geduld. Ek gaan dit probeer. Tina het ook nou genoem dat ek foto’s kan laai, sonder om vir die ding te sê dat dit vir ´n nuwe blog is. Sal dit ook probeer. Dankie!

  3. Ek voel half koud en eensaam hier op WP Mens ontmoet niemand nuut hier … half soos jou nuwe bank – mens se lyf pas nie so goed nie en jy moet mooi dink oor wat jy s^e en hoe!

  4. Lekker storie…dis soos ‘n lekker paar skoene wat nou al moeg is,maar jy wil dit nie weggooi nie.
    Dalk is jou foto te groot en moet jy dit krop.Ek kon weer nie foto’s plaas nie en het dit op Litnet gedoen en maar ‘n skakel hierdiekant geplak…haha,ons ou klomp spook maar lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s