
Saterdagoggend lui die interkomklokkkie. Die noordwester gier, dis koud en nat buite. Die eerste gedagte wat by my opkom is dat dit ‘n bedelaar by die hek is, maar dis toe ‘n welmenende siel wat voor die huis verbystap en my meedeel dat ‘n waterpyp op die sypaadjie gebars het. Die munisipaliteit was gou op die toneel en het die hele dag in die koue en reen gewerk, total vreemd vir my. Daar waar ek vandaan kom sou hulle eers reageer het nadat duisende liter water verlore is.
Die waterlek is reg onder ‘n sier bloekomboom wat jare gelede as straatboom geplant is. Die boom se wortels het om die pyp gedraai soos ‘n luislang wat sy prooi wurg, en uiteindelik het die pyp meegegee en gebars. Nou sal die boom moet uit. Ek raak sommer senuweeagtig as ek dink aan die gemors wat dit gaan meebring, en sekerlik ook skade aan die tuinmuurtjie en die tuin self.
Dis hoe ‘n munisipaliteit moet funksioneer.Hier by ons loop die water ten minste twee weke na ‘n maand uit gebarste pype of riool.Jy kan rapporteer tot jy blou is.Die munisipaliteit is so groot(sewe groot dorpe,wat in eie reg amper stede is)dat die een hand nie weet wat die ander een doen nie.
Ek ken daai sort munsipaliteit–dit was ‘n grrot verrassing om te sien dat dit hier nog pre 1994 werk.
O jinne, sterkte!
Ek hoop die tuinmuur en die tuin oorleef dit!
As dit nie oorleef nie is daar ‘n nuwe projek om te tekkel!
Aan die ander kant sal dit die boom seker weer 20 jaar vat om sy wortels so lank te groei. Vra hulle om die boom nog ‘n kans te gee, aag toe…….
Nee, lyk my die boom se doppie is geklink–na al die skade aan die wortelstelsel met die uitgrawery is hy nou ook ‘n bedreiging in sterk wind.