Verbeel jou…twee

Verbeel jou jy loop heeldag en werk soek in die sites in Klerksdorp. Teen laat middag kry jy ‘n werkie. ‘n Lorrie met ‘n vrag stene moet afgelaai word voor donker. Dis harde werk, maar die baas betaal jou honderd Rand, genoeg vir papa en ‘n stukkie vleis. Daar is nog ietsie oor vir more. Dis al laat as jy by die huis kom, donker en koud, want dis winter. Die social het jou kind gevat, sê die neighbour, kyk, hier is die brief. Maar jy het net grade five by die skool gemaak en jy kan nie die brief lees nie. Die volgende dag gaan jy by die clinic. Die suster lees die brief. Die social sê hulle het jou kind in die straat gekry. Hy is klein, dis gevaarlik, die karre sal hom trap soos vir jou dogtertjie. Die kind is by die shelter in die dorp.  Die social sê ja, die kind is hier in die shelter. Hy is te klein om so alleen te bly.  Die kind bly by die neighbour, sê jy. Die kind is jou responsibility, nie die neighbour s’n nie, hy bly hier. Jy sien jou kind. Hy huil. Hy hou jou vas. Tata, sê hy, ek wil nie hier bly nie, ek wil saam met jou huis toe gaan. Wat maak jy, wie sal jou help?

 

Advertisements

Kiepen zie left, bitte!

Hierdie tyd van die jaar word Hermanus oorstroom deur buitelandse toeriste wat die walvisse en hul kaperjolle in die baai kom bekyk. Dis nie moeilik om hulle uit te ken nie, gewapen met rugsakke en kameras met lense wat lyk of hulle wil oorlog maak. Dis nogal lekker om hul opgewondenheid te sien as die walvisse stert wys of spring. Verbasend hoe ‘n walvis sy 50 ton liggaam as’t ware uit die water kan lanseer. Sê ons buurman nou-die-dag as jy net een keer per jaar whoepie maak sal jy ook so spring. Maar een ding wat effe irriterend is van die toeriste is dat hulle regs hou, en nie links soos onse mense nie. As jy nou op die kuspaadjie of op Hermanus se nou sypaadjies stap en ‘n toeris kom van voor af aan dan neuk hy nou om regs verby te loop en uit pure natuur neuk jy links en dan neuk julle in mekaar vas. Die wat ek dink ‘n T shirt met die logo Be right keep left kan voetgangerverkeer vergemaklik.

Maar dis lekker om te dink daai ouens kom van ver en dit kos hulle ‘n lewwetrie vol geld om die walvisse te sien en om hier in ons mooi dorpie te kuier, en die uwe stap binne tien minute vanaf sy beskeie kaiatjie onder die bloekomboom in die moerse gat om dit te geniet.

Lewies versus Overstrand Munisipaliteit

Ek het vertel van die bloekomboom hier voor ons huis waarvan die wortelstelsel erg gekarnuffel is toe die munisipaliteit ‘n gebarste waterpyp so te sê onder die boom reggemaak het. Aan weerskante van die boom is diep gate gegrawe met ‘n meganiese laaigraaf, maklik grafdiepte, en dit het my onrustig gemaak dat die boom dalk kan kantel in stormwind. ‘n Man van die Overstrand Munisipaliteit wat kom kyk het hoe sake vorder sê toe vir my die boom gaan wortel en tak verwyder word. Toe gebeur daar so a la munisipaliteits niks verder nie, net die wind waai. Navrae by Overstrand bring niks aan die lig nie. Toe kontak ek die wyksraadslid en sy rangeer my e-mail versoek om aksie in die regte kanale.  Bel iemand my en sê Nee, die saak moet eers ondersoek word deur die tuinboukundige wat op daardie stadium  somewhere op kursus is.Intussen waarsku die weervoorspelling teen near gale wind. Ek vra toe weer waar staan sake nou. Die rekwisisie is uitgemaak, word ek kripties verseker. Gits (lees fok), dit beteken niks nie–rekwisisie waarvoor en wanneer, wonder ek.  Toe e-mail ek weer maar voor ek dit stuur redigeer Vroukie. Jy kan nie so aanvallend wees nie, reken sy. Ek temper toe maar en skryf ‘n skalkse gediggie met die hoop om reaksie te kry.

So het die sage ontplooi:

 

 

Aan Overstrand

 14 August 2014 02:35 PM >>> >

Hoe lank moet ek nog wag, hoe lank nog droom

Oor die lot van die bloekomboom

Gaan julle hom sny, of gaan hy bly

Vir my gerusstelling en gerief

Laat my weet asseblief

En ook wanneer dit sal geskied

Sal u my ook dit in u antwoord  bied.

Groetnis

Lewies

 

C 15 Aug Dear Lewies

                     The matter is in hand, our horticulturalist has been to inspect the tree.  She has also requested a second opinion from another knowledgeable person.  It is our policy not to simply fell trees at the drop of a hat.   The tree must really “deserve” to be felled.

 Your kind indulgence will be appreciated as she was away on a compulsory training course for this week.

 

Regards

 

Nou ja, tot dusver nog nie die “horticulturalist “gewaar nie, en geen verdere taal of tyding van Overstrand Munisipaliteit nie.

Intussen is daar weer ‘n koue front aan die kom wat gewoonlik met sterk wind gepaard gaan. En as daai boom val, val hy die uwe des poerdes merdes, lewwel met die grewwel. net hier waar ek sit en hierdie aan julle verhaal. Maar wees verseker, as daai boom my vrek val, soe ek Overstrand Munisipaliteit sif, ou maat, SIF!!

Verbeel jou

Verbeel jou jy is Seun, jy bly saam met jou hoogswanger vrou en twee kinders, ‘n dogtertjie van sewe en ‘n seuntjie van agt, in ‘n sink shack in Jouberton, Klerksdorp. Die shack is op die kale grond aanmekaar geslaan, nie veel groter as die badkamer in jou huis nie. Die sinkplaat van ongeveer 3 mm dikte is jou vier mure teen die suidewind. Al jou aardse besittings pas in die shack in, en dan is daar nog ruimte om te spaar—‘n amperse bed vir jou en jou vrou, afgeskort met ‘n  stuk lap, ‘n ou TV staangemaak op ‘n paar optel bakstene voor die bed, ‘n gehawende hot plate stofie lamlendig op ‘n plank stellasie gemonteer, ‘n paar bokse met die gesin se klere in. ‘n Deurgetrapte stukkie mat is saans slaapplek vir die kinders.

Verbeel jou jy moet elke dag in die woonbuurtes van Klerksdorp rondloop en skropwerk soek. Die meeste huise is ontoeganklik, beskerm teen kwaaddoeners met devil’s fork omheinings. By die enkeles waar jy tot by die voordeur kan vorder word jy begroet met “Fokof, gaan vra vir Mandela” So nou en dan is jy gelukkig om ‘n werkie te te kry. Dan is daar ‘n geldjie om Papa te koop en ander lewensnoodaaklikhede. Op ‘n manier hou jy ligaam en siel aanmekaar.

Verbeel jou op ‘n dag kom jy voor ‘n deur te staan waar die baas verstaan as jy verduidelik dat jou kinders hongerly. Hy gee brood, 2,5 Papa,’n blikkie vis en ‘n paar Rand. Kom Saterdag, se hy, dan was jy my kar. Hy reel ook ‘n skropwerk by ‘n ander baas, maar daai baas verstaan nie as jy party keer Saterdag nie kom werk nie want jy gaan na ‘n funeral toe. Daai eerste baas koop vir jou ‘n blou overall en Bova Number Two skoene. As jy sy kar was gee hy jou honderd Rand en kos vir die huis. Hy help jou met die school fees en klere vir die kinders.

Verbeel jou eendag se daai baas Seun ek gaan trek na ‘n ander dorp baie ver hiervandaan, maar ek sal nog elke maand jou rentgeld vir jou betaal. Hau Oubaas, kan ek nie saamgaan en vir jou werk nie, ek sal een keer elke maand die trein vat om vir my familie te kom kuier. Nee, se die oubaas, daai dorp is te ver, as ek met die kar ry vat dit my meer as ‘n dag om daar te kom.

Verbeel jou jou vrou kry die baby. Die baby is van die begin af siek en hulle hou hom in die hospitaal. Na drie weke gaan die baby dood. Die sangoma se jou familie is getoor. Gee my R500 dan vat ek die toor weg, se hy. Fok Seun, se die oubaas, dis nonsens daai, ek gaan jou nie R500 gee vir sulke kak nie. Gaan kliniek toe, toets julle vir AIDS. En vra sommer dat hulle julle help om nie weer kinders te kry nie. Eee, Oubaas, ek het juis gedink ek wil die dokter vra om die vrou toe te werk daar onder.

Verbeel jou jy en ‘n paar manne in die straat sit een aand langs die konka en gesels. Miskien het iemand ‘n bottel gebring, miskien nie. Een van die manne se hy hoor hulle soek werkers om paving te pak in Potchefstroom. Hulle betaal R100 ‘n dag, vyf dae dan is hulle klaar. Maandagoggend ses uur staan julle en wag by die Anglican Church. Die lorrie kom en laai julle op, Potchefstroom toe. Jy het R50 in jou sak vir kos vir die week.Dis in die middel van die winter. Dis koud agter op die oop lorrie. Julle werk hard in Potchefstroom, julle wil gou by die huis kom. Julle slaap sommer onder die lorrie, al is dit baie koud. Dan is die werk klaar. Maak mooi netjies aan die kant, se die man van die lorrie. Ek gaan bank toe om julle geld te kry, maak gou, ek is nou terug. Julle sien daai man nie weer nie.

Verbeel jou jou vrou en kinders gaan na ‘n funeral in Parys. Jy het in die week bietjie geld verdien en daar is genoeg vir hulle transport. As die taxi terugkom is hy in ‘n ongeluk. Jou vrou is dood. Jou dogtertjie het baie seergekry, sy is in die hospitaal in Potchefstroom. Na ‘n lang ruk kom sy huis toe, in ‘n wheel chair. Sy moet elke twee weke Potchefstroom toe gaan, na die hospitaal vir treatment. Jy sukkel om die geld vir transport te kry. Die treatment help. Eers loop sy met die krokke, dan, lank daarna op haar eie. In die nag huil sy, sy skreeu. Die sangoma se sy is getoor, gee my R500 dan vat ek die toor weg. Leen my R500, asseblief Oubaas. Die oubaas se dis kak stories daai, Seun. Gaan dokter toe, die kind is traumatised.

Verbeel jou jy kom eendag by die huis. Dis laat in die aand. Jy het ‘n skroppie gekry, jy het bietjie kos vir die kinders wat nou in die dag by die neighbours bly. Refilwe is dood, se die neighbour. ‘n Kar het haar by die skool raakgery. Jy bel die oubaas. Seun, se hy, ek is baie jammer om te hoor. Ek sal help met die funeral. Ek kan R500 gee. Dankie Oubaas, dankie. Maar die morgs se nee, die full service is R800. Oubaas help my, leen my R300. Maar Seun, ek het jou al die maand gehelp met R900, jou rent en die begrafnisgeld. Dan stuur jy vir die oubaas ‘n sms,

 DSCF5178

Verbeel jou jy slaan jou oe op na die berge maar daar kom geen hulp nie.