Ek het vertel van die bloekomboom hier voor ons huis waarvan die wortelstelsel erg gekarnuffel is toe die munisipaliteit ‘n gebarste waterpyp so te sê onder die boom reggemaak het. Aan weerskante van die boom is diep gate gegrawe met ‘n meganiese laaigraaf, maklik grafdiepte, en dit het my onrustig gemaak dat die boom dalk kan kantel in stormwind. ‘n Man van die Overstrand Munisipaliteit wat kom kyk het hoe sake vorder sê toe vir my die boom gaan wortel en tak verwyder word. Toe gebeur daar so a la munisipaliteits niks verder nie, net die wind waai. Navrae by Overstrand bring niks aan die lig nie. Toe kontak ek die wyksraadslid en sy rangeer my e-mail versoek om aksie in die regte kanale. Bel iemand my en sê Nee, die saak moet eers ondersoek word deur die tuinboukundige wat op daardie stadium somewhere op kursus is.Intussen waarsku die weervoorspelling teen near gale wind. Ek vra toe weer waar staan sake nou. Die rekwisisie is uitgemaak, word ek kripties verseker. Gits (lees fok), dit beteken niks nie–rekwisisie waarvoor en wanneer, wonder ek. Toe e-mail ek weer maar voor ek dit stuur redigeer Vroukie. Jy kan nie so aanvallend wees nie, reken sy. Ek temper toe maar en skryf ‘n skalkse gediggie met die hoop om reaksie te kry.
So het die sage ontplooi:
Aan Overstrand
14 August 2014 02:35 PM >>> >
Hoe lank moet ek nog wag, hoe lank nog droom
Oor die lot van die bloekomboom
Gaan julle hom sny, of gaan hy bly
Vir my gerusstelling en gerief
Laat my weet asseblief
En ook wanneer dit sal geskied
Sal u my ook dit in u antwoord bied.
Groetnis
Lewies
C 15 Aug Dear Lewies
The matter is in hand, our horticulturalist has been to inspect the tree. She has also requested a second opinion from another knowledgeable person. It is our policy not to simply fell trees at the drop of a hat. The tree must really “deserve” to be felled.
Your kind indulgence will be appreciated as she was away on a compulsory training course for this week.
Regards
Nou ja, tot dusver nog nie die “horticulturalist “gewaar nie, en geen verdere taal of tyding van Overstrand Munisipaliteit nie.
Intussen is daar weer ‘n koue front aan die kom wat gewoonlik met sterk wind gepaard gaan. En as daai boom val, val hy die uwe des poerdes merdes, lewwel met die grewwel. net hier waar ek sit en hierdie aan julle verhaal. Maar wees verseker, as daai boom my vrek val, soe ek Overstrand Munisipaliteit sif, ou maat, SIF!!
Hehe! As jy pertes des mertes geval is,hoe gaan jy hulle sif soe?
Maklik–ek doen dit postuum!!
Bwahahaa! 😆
Mag jy oorleef
As die boom begin beef
En die Noordwester waai
Oor Hemanus se baai.
En hy val my in my maai!
Met GROOT lawaai!
Daai Bloekomboom kan mooi meubels maak .. jy moet ook vir hul laat weet besef hulle met waterskaarste in SA hoeveel liter water suip daai boom en dit kan hul sonder die horti mens gaan google.. ennn waar kry ons weer ‘n Lewies as hy plat is?.. ek is so bang hierdie oeroue Seders val die mense van die huis op dese hoek plat soos pannekoek…
Hermanus is vol van die bome, dit is as straatbome aangeplant doerie jare. In die lente maak dit mooi pienk blomme, maar ‘n pes is hy ‘n pes.
Dit is ‘n ander soort Bloekom ..ons plaas se bome was ander soort, maar is ook uitgehaal. Het jy geweet dat Bloekomlanings is aangeplant as grense tussen plase . Iewers het ek gehoor na oorlogse projek Smuts era..om werk te verskaf aan blanke werkloses. Dink daaar is beding vir vergoeding vir elke boom geplant. Of dit feitlik korrrek is ?
Hoop die bloekom hou. Wil so teen die einde van die maand, daar in jou omgewing, ‘n draai maak.
Dit sal gaaf wees om jou kennis te maak–ek neem aan jy sal in Vermont kuier?
Lag ek my nou ‘n koeëlronde papie, ek wens ek was daar om dit te sien, maar terselfdertyd is ek bly julle het ‘n toegewyde hortcul-watsenaam, mag sy lank en gelukkig een wees 🙂
Daai hort enetjie het die mooiste, mees gepaste naam–ek wou dit nie bekend maak nie maar aangesien ek haar nie in ‘n slegte lig stel nie–sy is Ms Rainbird, oulik né.
Hoe gepas! Jy moes seker jou glimlag agter jou hand wegsteek toe jy dit hoor 🙂
hehehe… jy kry sowaar meer uit ‘n munisipaliteit as enige ander mens … Dalk gaan ‘n persoonlike afspraak werk? Intussen hoop ek die boom val liewer in die straat? Hoekom gooi hulle nie die gate toe nie
Ja die gate is nog daar–lyk my die watermense wag om te sien wat die boommense maak en die boommense wag vir beter dae. Maar ek het tyd, ek gaan aanhou om onder hul sterte te krap!
Hou ons op hoogte … daar is niks so gevaarlik as ‘n Transvaler wat by die see vasbyt nie!
Is ‘n vreeslike ding, so ‘n verveelde Valie!
You go Boykie!
Mens moet omtrend somtyds eindeloos sanik voordat iemand aandag gee aan so ‘n probleem. Gelukkig het ek in ‘n ander inskrywing al reeds die uiteinde van die boom gelees.