Kiepen zie left, bitte!

Hierdie tyd van die jaar word Hermanus oorstroom deur buitelandse toeriste wat die walvisse en hul kaperjolle in die baai kom bekyk. Dis nie moeilik om hulle uit te ken nie, gewapen met rugsakke en kameras met lense wat lyk of hulle wil oorlog maak. Dis nogal lekker om hul opgewondenheid te sien as die walvisse stert wys of spring. Verbasend hoe ‘n walvis sy 50 ton liggaam as’t ware uit die water kan lanseer. Sê ons buurman nou-die-dag as jy net een keer per jaar whoepie maak sal jy ook so spring. Maar een ding wat effe irriterend is van die toeriste is dat hulle regs hou, en nie links soos onse mense nie. As jy nou op die kuspaadjie of op Hermanus se nou sypaadjies stap en ‘n toeris kom van voor af aan dan neuk hy nou om regs verby te loop en uit pure natuur neuk jy links en dan neuk julle in mekaar vas. Die wat ek dink ‘n T shirt met die logo Be right keep left kan voetgangerverkeer vergemaklik.

Maar dis lekker om te dink daai ouens kom van ver en dit kos hulle ‘n lewwetrie vol geld om die walvisse te sien en om hier in ons mooi dorpie te kuier, en die uwe stap binne tien minute vanaf sy beskeie kaiatjie onder die bloekomboom in die moerse gat om dit te geniet.

Advertisements

12 thoughts on “Kiepen zie left, bitte!”

  1. Dis van ons Valsbaaise walvisse wat julle entertain. Die Navie skiet heeldag aldag hulle kanonne dat die byle hyl. Tracers en flares en spoesjsplasj in die see.
    Die navie spoukesperson seg hulle mag skiet tot 1 September en buitendien skiet hulle om mis te skiet.

      1. Hulle kan nie want van die fregatte is buite werking – water in die enjin! Een duikboot geblaas toe ‘n plug verkeerd in die verkeerde gat ingedruk is (of so iets en die nuwe betteries is nog nie hier nie) en ‘n ander duikboot het teen die seebodem gebots.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s