Oor Lewies, Salomo en die dinge van ‘n vrou

 

Lewies sit en lees ‘n boek, getiteld Die 13e Kaart, pennevrug van Madeleine Rust. Dis ‘n bloeddorstige moordverhaal waarin die bloed Ou Testamenties vloei, nie sedert die slag tussen die Amelekiete en dieTransvestiete het die bloed so vrylik gestroom nie. Daar’s ‘n lyk op elke bladsy, grusaam vankant gemaak. Kortstondig dwaal Lewies se aandag en hy is vaagweg verwonderd oor die feit dat die blogger wat die boek aan hom bekend gestel het ook ‘n liefdevolle ouma is wat in tere troeteltaal briewe aan haar kleindogter skryf. Die yin en die yang van die vroulike psige laat hom Babels verward.

Nietemin, terwyl Lewies so sit en lees en wonder, sê Vroukie eensklaps:

“Lewies!”sê sy.

“Ja Vroukie, wassit?” antwoord Lewies en kyk ietwat gesteurd op terwyl hy hom met moeite wegskeur van die spanning wat nou high voltage bereik, daar is nog ‘n lyk op die punt om te word.

“Het jy jou hare geknip?”

“Ja” antwoord Lewies in sy skik, “ek het dit sef gedoen, DIY”

“Nou hoekom vra jy my nie om te help nie, ek doen dit tog altyd vir jou?”

“Nee, ek wou nie pla nie, toe probeer ek maar. Hoe lyk dit, nie te sleg nie, huh?”

Vroukie kyk na Lewies. Sy kyk stip na hom. Daar is iets in haar oog, maar dit is nie ‘n twienkel nie. Dit lyk eerder na ‘n kry-ek-nou-lag-vir-jou glinstering.

“Wassit Vroukie? Sien jy iets snaaks? Is daar ‘n hap?”

“Het jy ‘n spieël gebruik? Of was dit ‘n blind cut?”

“Moenie spot nie. Wat is fout?”

“Jinne Lewies, hier is ‘n hap van omtrent twee vinger breed, jou bles is nou amper twee keer so goot as wat dit was!” Weer daai glinstering, wat nou dreig om ‘n smaail te word.

Lewies vryf oor sy kop. Wragtag, hier waar altyd nog ‘n paar hare was is nou net stoppels.

“Lyk dit kak Vroukie? Sal die mense vir my lag? Kan jy iets doen om dit weg te steek?”

“Ja, ek kan Mercuruchrome daaroor verf dan lyk dit soos ‘n operasiewond, jy weet, frontal lobotomy”

“Fok Vroukie, moenie ‘n gat van my maak nie!”

Daai glinstering is nou ‘n full blown smaail wat huiwer op die randjie van openlik lag.

“Lewies, dis nie ek wat ‘n gat van jou maak nie!”

“Weet jy, Vroukie, as ek nou Salomo was het ek sommer nog ‘n vrou gevat” sê Lewies vies.

Vroukie vat Lewies se gesig in haar hande. Sy druk sy wange tussen haar palms dat sy mond pruil soos ‘n Krismiskalkoen se poephol. Dan sê sy so koetsjie-koetsjie “En watter vrou sal jy vat, Deborah of Sippora, of dalk Amphora?”

Ja’k selfs ou Salomo het verbyster gestaan oor die dinge van ‘n vrou.

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

23 thoughts on “Oor Lewies, Salomo en die dinge van ‘n vrou”

  1. Vuurklip was 24 jaar laas by ‘n haarkapper. Number 2 all over. Dit help dat die leë skuur nie meer ‘n dak op het nie.

    Dalk sou die geskiedenis anders gewees het as vuurklip ‘n Mollie geken het.

    1. Darem spaar ons ‘n lewwetrie vol geld, ek het amper genoeg vir ‘n tweedehandse pruik by AVBOB, as ek bereid is om nog ‘n jaar uit te hou het ek genoeg vir een van Riaan Cruywagen se oues!

  2. Ha ha ..ja ja , dan moet jy liewer Dubbelspel van Wilna Adriaanse lees.. nee ek weet hoekom was jy so benoud met daai kaart moorde !! Was erg bloeddorstig..ek dink nogtans dit was slim om Tarotkaarte te gebruik as tema..Dalk het jy Wilna se boek reeds gelees ek wag in spanning vir die opvolg boek. Nou moet ek by wyse van spreke my storie hiermede kortknip ..die belangrikste in die huis roep haar Ouma.

    1. Ja nee wat, daai boek was vir my effe amateuragtig.
      Hopelik word Madeleine Rust beter so met die jare. Het jy al Riette Rust se ‘n Lyf Onthou gelees? Helemaal,’n ander potjie tee. Wonder of hulle familie is?

      1. Madeleine se eerste boek dink ek. Nee nog nie Lyf gelees nie.. Nou die dag eers te lese gekry dat Eleanor Baker 2 skuilname gebruik het.. Christene le Roux en (?) nogal teleurgestel kon nie glo dat sy onder die Christene naam sulke boeke kon skryf… miskien is ek vol fiemies. Maar iewers moet mens soms ‘n boek te skenke hê vir SPCA se boekverkoping.Die oomblik as ek ‘n bladsy paar keer moet lees soos my gedagte begin dwaal wat ek alles nog moet doen en wat te doene is… dan besef ek om te skryf is wraggies nie maklik nie. Ek lees graag Deon Meyer, maar daar is een van sy boeke wat ek nie gelees kon kry nie.. en Marita v,d Vyver se Koue kos …boek .. soms vind ek net nie aanklank met ‘n boek nie. Mag jy heerlik lees Lewies op hierdie Saterdag.

    1. Julle twee – Lewies en Tina – is banggatte .. daar is niks so goed soos ‘n lekker moor storie.. moet toegee daai 13 kaarte met 13 moorde – woes en wild. Ek het net probleem skryfster moes darem sommige dele bietjie minder aan toeval oorgelaat het.. ek het lus gehad en ruk daardie Profiler wakker… Tina, het jy die boek gelees .. paar manne sou nagmerries gekry het .. ek beveel ten sterkste Wilna Adraanse se boek Dubbelspel , aan .

  3. Ek het ‘n ruk gelede Leon van Nierop se bloeddorstige boek gelees, maar was baie teleurgesteld met al die foute wat daarin was. Gewoonlik hou ek van moordstories, maar dan moet dit my mind ook bietjie tickle.

    1. Ter wille van balans het ek sy Ratels gelees, ‘n jeugboek, maar ek was nie ingepress daarmee nie. Dis blykbaar ‘n verwerking van ‘n radioverhaal, maar as boek slaag dit nie. (As ou Leon movies kan kritiseer kan ek seker sy boeke ook kritiseer!)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s