Eina Oubaas!

DSCF5407

Nee, dis nie Chopper wat so lamenteer na ‘n operasie om ‘n geskeurde kruisligament te heg nie, dis oubaas se beursie wat so weemoedig ululeer. Oubaas is platsak en die beursie is platter as ‘n basaarpannekoek. Ek wil liefs nie vertel wat daai operasie gekos het nie, julle mag dalk dink ek is ‘n ryk man.

Goeie nuus is dat Chopper weer amper op vier bene is, trap nog so nou en dan ligvoets met die seer voet in die lug. En dit alles oor hy so ‘n aktiewe brak is, moet alewig spring.Dit was altyd vir my oulik en ek het die bokspringery aangemoedig, nou weet ek van beter.

Advertisements

21 thoughts on “Eina Oubaas!”

  1. Tot watter uiterstes mens ook nie sal gaan vir jou familie nie, en die veeartse weet dit maar alte goed. Ek betaal nog af, met rente natuurlik!

  2. Netjiese steke daar op die ou se been..lyk of die veearts dit met ‘n liniaal gemeet het.G’n wonder jy’s platsak..dit was vir die ekstra presisie. 😆

    1. Lewies ek het nou so lekker gaan lees daar in jou argiewe.Ek het veral die houtskoolstorie geniet.My hart was sommer seer toe ek die skerp kommentare lees,van ‘n spul LitNet bloggers,wat net verdwyn het.Ek mis dit regtig..suggg!

  3. Gelukkige Chopper. Die veeartse is regtig peper duur. Maar nou ja, ons het hulle nodig. ek wonder of hulle mens tande ook sal doen. Aan die anderkant die tandarts mag dalk goedkoper wees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s