Baas en Klaas

Lewies sit voor die venster en tuur uit na die berg wat befloers is in miswolke. Hy dank sy sterre dat hy in hierdie natuurskone omgewing te lande gekom het na jarelange verblyf in die droë Noord-Wes waar die Augustuswinde hierdie tyd van die jaar op hul felste gier. Hy dink terug aan die koeël deur die kerk wat sy voornemens om transhex te migreer ‘n voldonge feit gemaak het: ‘n kort maar goed geartikuleerde brief aan sy owerstes wat die kern boodskap “I quit” kripties geformuleer het. Daardie brief het magiese metamorfosiese kragte gehad: binne ‘n oomblik het Lewies van Baas tot Klaas getuimel, sy posbeskrywing as hoofman oor andere het eensklaps gedegenereer tot die van Kitchenboy en Gardenboy. Eish, sug Lewies terwyl hy wonder of hy sy beker bitter daiabetesvriendelike koffie moet drink of dump, die ruil was die moeite werd, dink nou net, jy kon nou in ‘n vergadering gesit het waar die plurale orale kultuur hoogty vier.

Nog besig met die mymeringe kom Vroukie die vertrek binne.

“Lewies” sê sy.

“Ja Vroukie, wassit?” vra Lewies agterdogtig. Wat voer Vroukie in die mou? Impliseer dit kitchenboy, gardenboy of nutsmanfunksies?

“In hierdie huishouding, tussen ek en jy, wie dink jy is die baas?”

Net so vra sy. Strikvraag.

“Bedoel jy nou wie dra die broek?”

“Nee, nie so erg nie. Maar wie gee leiding as die belangrikste besluite geneem moet word?”

“Nee jis, Vroukie. Ek dink dis eerder ‘n regering van eenheid waarin een party gelyk is aan die ander”

“Nee, jy moet sê wie is baas, want vandag is Baasdag en die baas moet bederf word”

Nou toe nou!

“In daai geval deps ek om baas te wees! Wat het jy in gedagte?”

“Hoe lyk dit met koffie by Anya’s Mum”

“Lyk reg vir my, Vroukie. Met suiker. En ‘n stukkie koek daarby?”

Daar blink ‘n twienkel in Vroukie se oog.

“Wanneer Lewies? Voor of na die koffie?”

10 Oktober 2008

Dit, Liewe Leser, is die datum van my eerste bloginskrywing, toe ek genoeg waagmoed aan die dag gelê het om die pen op te neem en my selwers in die kuberruim bloot te stel, doerie tyd nog by die ou Litnet. Sedertdien het heelwat van my skrifsels die lig gesien, liegstories, ware stories, hartseerstories en, so hoop ek, darem so af en toe ‘n storie wat die leser sal dwing om sy bolip geamuseerd te lig. Partykeer het dit gevoel of die petrol wil opraak, maar dan gebeur daar weer iets wat my die pen laat opneem. En natuulik is dit nie net die skrywery self wat plesier verskaf nie, maar ook die omgang met ander bloggers, julle ouens wat gereeld kommentaar by my lewer, met wie ek so oor die kuberruim vriende geraak het.Dit maak die bloggery spesiaal. sal maar simpel wees om teskryf en g’n niemand sê boe of ba daaroor niee.

 

1 Oktober 1949

1 Oktober 2014

“Ok , julle ko lat ons sing. Julle daar agter moet asseblief aandag gee, hierdie is ‘n grênd okkasie. Moetie dit opfokkie!”

Pieerrrt!! Paarrrttt! Poerrttt!!

“Nee wag, wag, die fluitjies kom eers in as ons klaar gesing het. Kom ons probeer weer. Almal tesaam uh een, en uh twee en uh drie!! “

“Veels geluhuk liewe Lewiehies oohoorlat jy verjaaar

Maggie Heere jou seehen en nog baie jarre spaar!!

Hiep hiep hoera!!”

En vyf en sestig piepe!!

Pieerrt!! Paarrrttt! Poerrttt!!