10 Oktober 2008

Dit, Liewe Leser, is die datum van my eerste bloginskrywing, toe ek genoeg waagmoed aan die dag gelê het om die pen op te neem en my selwers in die kuberruim bloot te stel, doerie tyd nog by die ou Litnet. Sedertdien het heelwat van my skrifsels die lig gesien, liegstories, ware stories, hartseerstories en, so hoop ek, darem so af en toe ‘n storie wat die leser sal dwing om sy bolip geamuseerd te lig. Partykeer het dit gevoel of die petrol wil opraak, maar dan gebeur daar weer iets wat my die pen laat opneem. En natuulik is dit nie net die skrywery self wat plesier verskaf nie, maar ook die omgang met ander bloggers, julle ouens wat gereeld kommentaar by my lewer, met wie ek so oor die kuberruim vriende geraak het.Dit maak die bloggery spesiaal. sal maar simpel wees om teskryf en g’n niemand sê boe of ba daaroor niee.

 

Advertisements

19 thoughts on “10 Oktober 2008”

  1. Ja, ek wens ek kan sulke mooi stories skryf soos jy. As ‘n mens heeldag in ‘n kantoor sit gaan die lewe mos maar by jou verby en verder herken ek eers ‘n mooi storie as iemand anders hom vertel. Hou so aan!

  2. Moes nou eers gaan kyk wanneer het ek begin, en dit was 15 Junie 2008. Wen jou met so baie kort koppie maar alles wat jy sê beaam ek volhartig of is dit nou volmondig!

  3. Oepsie! Jy skryf liegstories en ware stories? So ek sal maar mooi tussen die ‘lyne’ moet lees. (Vernaam as dit oor Vroukie gaan?)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s